Ses jaar vir poskantoorbestuurder wat steel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige takbestuurder van die N’wa Mitwa poskantoor in Limpopo is tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy meer as R500 000 gesteel het.

“Hy verloor ook sy pensioenbydraes aan die Suid-Afrikaanse Poskantoor,” het Johan Kruger, woordvoerder vir die Poskantoor, gesê.

Die Nkowanowa-streekshof het Maile Mokgolane skuldig bevind aan diefstal van R570 000 wat verband hou met die versuim om op ʼn daaglikse basis die poskantoor se geld te deponeer.

Volgens Kruger is die diefstal ontdek as deel van die monitering van daaglikse bankprosedures deur die Poskantoor se interne bankafdeling.

“Mokgolane is in daardie stadium intern aangekla van diefstal en hy is skuldig bevind,” het Kruger bygevoeg. “Hy is op 3 September 2014 uit sy pos ontslaan.”

Mlu Mathonsi, uitvoerende hoof van die Poskantoor, het gesê die inhegtenisneming kom as deel van ʼn poging om misdaad in die posstelsel uit te roei. “Die Poskantoor is toegewyd om kriminele en korrupte bedrywighede uit te roei en alle sekuriteitsmaatreëls word hersien en verbeter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rissiepit ·

Laat ons nou maar nie vir mekaar jok nie, maar ons sogenaamde posstelsel is in sy maai!!!!!!

Winston ·

Ook al gewonder oor posdiens. Posdiens? Klink my die man het net sy sak gediens.

Bielie ·

Die heel eerste persoon wat tronkstraf kry wat by poskantoor steel. Wat van al posstukke wat voete kry?

posduif ·

Daar is orals korrupsie in ons land. Die geld wat gesteel is word nooit terug gegee nie. Mense bly in hulle poste tot die saak eendag voorkom en dan dan die beskuldige nooit op nie. Daar is baie hardwerkende mense in die poskantoor waarvan ek een is. Agv die staking het ons geen verhoging gekry nie want daar is nie geld nie. Die wat gestrike het besef nie wat hulle aan die poskantoor gedoen het nie.

ladybug ·

Deesdae weet mens nie meer of jy moeite moet doen om poskantoor toe te gaan nie, want die lot toi-toi meer as wat hulle werk.

WIEBO ·

Net 6 jaar vir R570 000? Wat n bargain. Ek sal 8 jaar moet werk om soveel te verdien! En tydens my 6 jaar in die tronk het ek geen uitgawes of rekeninge om te betaal nie!

Leeutjie ·

Ai die mense wat maar net nie hulle hande uit die geldkas kan hou nie!!

CHRISTA ·

Net jammer hulle is nie so streng met ons president en sy ministers nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.