Ses kabeldiewe gestuit

(Foto: Arrive Alive)

Die Tshwane-metropolisie se kabeldiefstaleenheid het ses mense in hegtenis geneem op aanklag van kabeldiefstal en dat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het.

Van die ses persone wat in Centurion in hegtenis geneem is, is vier uitlanders, drie Zimbabwiërs en ʼn Mosambieker, berig Arrive Alive.

Een persoon het van die toneel weggehardloop waar hy ʼn kabel vir straatligte in Nellmapius en die R21 gesteel het. Hy staan ook tereg op aanklag van aanranding ná hy ʼn veiligheidswag aangeval en sy selfoon gesteel het.

Die ander drie persone is in hegtenis geneem toe hulle gepoog het om ʼn kabel te steel.

ʼn Suid-Afrikaanse man en vrou is ook in Hercules in hegtenis geneem. Hulle is na bewering betrap met gesteelde koperkabels wat hulle na ʼn skrootwerf vervoer het. Die waarde van die koperkabels het ʼn geraamde straatwaarde van ongeveer R100 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.