Ses kinders sterf in ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Ses kinders is Woensdag dood nadat ʼn bakkie deur ʼn hek gebars en teen ʼn huis gebots het in Pietermaritzburg.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het by ʼn huis in Imbali plaasgevind. Die oorledenes was almal kinders onder die ouderdom van 13 jaar. Hy het gesê 18 mense is in die ongeluk beseer.

Sewe mense is kritiek beseer terwyl nege mense ligte beserings opgedoen het. Volgens Rossouw het twee mense geringe beserings opgedoen. Volgens Rossouw het ER24 twee pasiënte na Greys-hospitaal vervoer terwyl ander ambulansdienste die ander beseerdes vervoer het.

Rossouw het die gesê die bestuurder van die bakkie het glo beheer verloor. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Ja Asjas, was die kinders wat dood is nou op die bakkie of in die erf besig om te speel?

Larry ·

Ja en my sit elke dag op die stoep! Wat presies het gebeer. Het die bakkie uit n vliegtuig geval of wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.