Ses kinders tussen slagoffers in gru-ongeluk

Die ongelukstoneel op die R579. (Foto: Verskaf)

Altesaam 16 mense, onder wie twee taxibestuurders en ses skoolkinders, het in Vrydag se gru-ongeluk op die R579 buite Groblersdal in Limpopo omgekom.

Vier mense is ernstig beseer.

Tidimalo Chuene, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, sê die ongeluk het omstreeks 07:00 plaasgevind toe ʼn minibustaxi vermoedelik ʼn voertuig verbygesteek en reg van voor met ʼn vragmotor en ʼn ander minibustaxi gebots het.

Een van die taxi’s het leerders skool toe geneem toe die ongeluk vanoggend in die omgewing van Motetema plaasgevind het.

Wetstoepassers op die toneel sê roekelose bestuur het moontlik tot die ongeluk gelei.

Die ongelukstoneel op die R579. (Foto: Verskaf)

Die toneel is sedertdien opgeruim en die pad is vir verkeer oopgestel.

Die voorval volg kort nadat ʼn afsonderlike ongeluk op die R71 naby Ga-Makanye in die Mankweng-omgewing van Polokwane die lewe van drie mense geëis het. ʼn Vragmotor het vermoedelik versuim om by ʼn stopteken stil te hou en met ʼn motor gebots.

Al drie insittendes van die motor is dood.

Florence Radzilani, LUR van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het haar kommer te kenne gegee oor die aantal sterftes wat die afgelope ruk op die provinsie se paaie aangeteken is.

“Hierdie ongelukke is ʼn aanduiding dat iets baie verkeerd is wanneer dit by bestuurdersgedrag kom, aangesien die ongelukke in die meeste gevalle deur roekelose bestuur veroorsaak is.

“Ons pleit steeds by motoriste om die padreëls te gehoorsaam en te verseker dat hul voertuie in ʼn padwaardige toestand is voordat hulle vertrek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marius ·

Pleit help niks. Dis as gevolg van geen wetstoepassing dat moord op die paaie toegelaat word . Patetiese spul!

Nie Verbaas ·

Ja en ons weet wie die oorheersende probleem op ons paaie is.

Robert ·

“Ons pleit steeds by motoriste om die padreëls te gehoorsaam en te verseker dat hul voertuie in ʼn padwaardige toestand is voordat hulle vertrek.” Net jammer dat baie van die paaie nie vir voertuie waardig is nie.

SomeOne ·

padreëls is dalk net deel van die oorsaak, dis die “oë” wat meer aandag moet geniet, min van hul kan afstande en spoed skat, wat nog van die voertuig se spoed, rem vermoë en versnelling te praat

Riaan ·

Daaglikse gesig hier in die Oos Kaap. Die soliede wit streep beteken vir hulle niks nie.

R1ker ·

As die verkeerspolisie net die pad reels sal toe pas. Mense het geen respek meer vir die pad reels nie

Porseleintjie ·

Daar is eenvoudig geen padreëls vir taxi bestuurders nie. Verwyder hulle van ons paaie en daar sal geen slagting meer wees nie.

Stephanus Hendrik ·

Weer eens bewys dit dat taxi’s nie op die paaie behoort nie. Elke keer is ‘n taxi betrokke en elke keer klomp mense dood. Hulle dink die pad behoort aan hulle en die ander bestuurders moet maar net uit hul pad bly. In die stede gaan dit net so. Hulle stop net waar hulle wil of vir ‘n passasiers of maak u draai net waar hulle wil. Ek dink aan die mense in daai taxi’s. Die gevaarlikste voertuig in die land.

TRP ·

Indien taxi’s onder dieselfde reels onderwerp word as normale padgebruikers, sal dinge dalk bietjie beter begin lyk. Dit is omdat hulle oorgesien word en die land se paaie beheer dat hierdie gebeur. Dit is net jammer dat kinders die spit moet afbyt.

Maritza ·

Dis oor niks aan die taxis gedoen word nie dat hulle dink hulle is bo die reels verhewe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.