Ses leerders sterf toe voertuig huis tref

(Argieffoto)

Ses leerders is dood en ses ander passasiers beseer toe ʼn Toyota-laaiwa teen hoë spoed teen ʼn huis vasgery het. Die bestuurder het na wat verneem word beheer oor die voertuig verloor en in ʼn huis in die Malamulele-nedersetting in Vhembe in Limpopo vasgejaag.

Die ses oorledenes, vyf seuns en een meisie, is later geïdentifiseer as leerders van ʼn nabygeleë skool wat ʼn rygeleentheid huis toe gekry het.

Volgens Mike Maringa, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, is almal op slag dood in die ongeluk. “Die bestuurder van die trok is na die naaste hospitaal gejaag en is in ʼn kritieke toestand. Twee ander passasiers het ernstige beserings en nog drie het geringe beserings in die ongeluk opgedoen.

Mavhungu Lerule Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het haar medelye met die familie van die oorledenes betuig en gesê sy hoop die beseerdes herstel vinnig. Sy het ook haar kommer uitgespreek dat die provinsie al meer mense op die pad verloor weens nalatigheid en die spoed waarteen motoriste bestuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Karlahari ·

MM.
Wat is n laaiwa?
RSG praat van n bakkie
Iets wat ons almal ken.

Bolander ·

Geen idee, maar party mense praat van ‘n bakkie met ‘n plat laaibak (soos wat meubel winkels gebruik) as ‘n laaiwa.

Kobus ·

Die opskrif sê ‘n kar tref die huis, die berig sê ‘n laaiwa ?????? En verder sê jul die trok bestuurder is na ‘n hospitaal gejaag…… Wat se voertuig was dit dan nou? Verduidelik vir my wat is ‘n “laaiwa”, nog nooit van dit gehoor nie?

Caroline ·

Somewhere a little bit of confusion has crept in nobody know what where and who

Hennie J ·

Swak berig. Moontlik was dit n lawaai wa, maw n bekookte taxi met n klankstelsel?

Nico ·

Vertel nou ver my hoe verloor jy beheer oor ‘n voertuig. Die bestuurder ry te vinnig en roekeloos. Dit is hart seer oor die ses leerders wat hul lewens op die manier moes verloor.

Boeing ·

Swak beriggewing Maroela. Kan nie die kloutjie by die oor kry nie.

Kobus ·

Dis maar net ‘n woord, laaiwa, wat verwarrend is. Wat anders is dan so “swak”? Hoekom moet daar negatiwiteit wees oor so-iets?

Hennie ·

Wat ‘n Babelse verwarrende berig! Kom nou NN…. Julle beriggewing was altyd nog beter as dit!!

Samuel ·

Wat is ‘n laaiwa??
Jammer help niks wanneer 6 mense sterf weens nalatigheid en roekeloosheid nie. Waar is die kamtige wetstoepassers?

Doringindiedam ·

Selfs Dr Google lag vir “laaiwa”! Genugtig Maroela, en net die week het julle verteenwoordiger my verseker dat julle Afrikaans baie hoog ag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.