Ses lyke in oop veld gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ses lyke in ʼn oop veld, langs ʼn spoorlyn in Benoni, Gauteng, gevind is.

“ʼn Verbyganger het die polisie gekontak toe hy Sondagoggend omstreeks 09:00 op die liggame afgekom het,” het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê. Die persone is almal in die bolyf geskiet. Daar word vermoed dat hulle iewers anders geskiet is, en dat hulle liggame in die veld afgelaai is, aangesien hulle in ʼn patroon gelê het.

“Daar word ook vermoed dat die oorledenes onwettige myners was. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Die oorledenes is nog nie uitgeken nie,” het Masondo bygevoeg.

Die polisie ondersoek ses sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wern ·

Maroela, sit asb die epos adres waar ons haatspraak teenoor witmense kan aanmeld op n prominente plek op maroela media. Daar is n persoon genaamd proudly African op eye witness news se website, op hul gewildste artikel vir die dag en gereeld op ander artikels wat heeltyd haatspraak aanhits.

Estie ·

Ons het probleme hier met onwettige myners in Benoni. Maar ons het ook probleme met dwelm-handelaars & -bende. Dit klink so asof dit iets te doen kan wees met dwelm sindikate, dalk ‘n waarskuwing of iets.

Pieter Brits ·

Dis ñ moeilike situasie. Daar is baie geld by betrokke en daar is magte in die polisie self wat geswig het voor daardie geld. Goeie polisiemanne plaas hulle lewens op die spel en word uitverkoop deur van hulle kollegas en verloor sodoende hulle lewens.

Pik ·

Daar word niks gedoen nie die metro en polisie ry verby hulle met graaf en pik in die hand gaan hulle WERK toe en dis normaal op Main reef weg Boksburg word pad blokades gehou en myn “werk” regs langs hulle asof dit wettig is

Skim ·

Jip, mense wat in die myne werk word aangesê om hulle ‘mis’ te kyk. Bestuur vra werknemers om glad nie te reageer of op te tree teen ‘onbekende’ mense in die myne nie. As jy dit bly toelaat, gaan dit aanhou, ongelukkig het hierdie onwettige myners ‘n ‘beskermde spesie’ in SA geword. Moet hulle betaal vir hulle lewens? Sekerlik nie, maar hoekom word daar nie wettige stappe teen die mense geneem nie? Die auhorities is vinnig om teen haatspraak en rassisme op te tree maar te bang om onwettige myners vas te vat? Die community het seker maar hulle ding gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.