Ses lyke naby plaas gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggame van ses mans is naby Kraaifontein gevind, het die polisie in die Wes-Kaap Woensdag gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn verbyganger het Woensdag op die liggame afgekom naby ʼn plaas in Joostenbergvlakte. Die oorledenes is tussen 18 en 30 jaar oud. Hulle identiteite is nog nie vasgestel nie.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting gedoen om ao. Van der Heever te kontak op 082 718 5461 of 021 980 5558.

Die polisie ondersoek ses sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.