Ses maande oue baba in rivier gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn ses maande oue babadogtertjie is Woensdag in die Msunduzirivier naby Woodhouseweg in Pietermaritzburg aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hulle het inligting ontvang dat die baba glo vroeër die week deur ʼn vrou in die rivier gestort is.

“’n Soektog is onmiddellik Dinsdag van stapel gestuur deur die polisie se soek-en-reddingspan en honde-eenheid. Dit is laat Dinsdag afgelas en weer Woensdag voortgesit,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is die dogtertjie se liggaam ná ʼn ure lange soektog gevind.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GO ·

Arme kind, diere doen dit nie eers aan hul kinders nie. Maar sekere “mense” in SA het nie eers diere maniere nie.

G ·

Hmm, dit laat my dink aan hoe hul op tv ‘n lap om die een se mond bind en water oorgooi. Dieselfde moet met so ‘n siek persoon gedoen word.

Sons ·

Wat jy saai sal jy maai, onthou dit ma van die 6mnde oue baba.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.