Ses maande oue baba in Somerset-Wes ontvoer

Die vermiste baba (Foto: SAPD Wes-Kaap)

Die polisie in Somerset-Wes in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van ontvoering ná ʼn ses maande oue baba op 5 Desember 2022 verdwyn het.

“Volgens berigte het die babaoppasser die baba en ʼn sewejarige dogter saam met ʼn vrou gestuur wat sy pas ontmoet het, toe die vrou aangebied het om vir die kinders kos te koop,” sê kapt. Nowonga Sukwana, woordvoerder van die polisie. “Die vrou is daar weg met die twee kinders en het die babaoppasser agtergelaat. Sy het haar handsak by die babaoppasser gehou en aangevoer sy sal binnekort terugkeer. Sy het nooit teruggekom nie.”

Die sewejarige meisie is later naby die babaoppasser se huis gevind, maar die baba het spoorloos verdwyn.

Alle pogings sedert Desember 2022 om die baba op te spoor, was tevergeefs.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om speurdersersant Asanda Hlana te kontak by 082 301 8910 of Crime Stop by 08600 10111.

Identikit van die verdagte (Foto: SAPD Wes-Kaap)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.