Ses mans sterf toe voertuigband bars

Die toneel waar ʼn bakkie in Verena, Mpumalanga omgeslaan het. Foto: Verskaf

Talle mense het reeds hierdie langnaweek op die land se paaie gesterf, insluitend ses mans wat dood is nadat ʼn bussie Vrydagmiddag tussen Vosburg en Carnarvon in die Noord-Kaap omgeslaan het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 17:45 op die R384 gebeur. “Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn band van die kombi waarin die mans gery het gebars het. Dit het veroorsaak dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en die kombi het omgeslaan,” het Tawana gesê.

Die ongelukstoneel naby Delmas, Mpumalanga. Foto: ER24

Die bestuurder en vyf passasiers is op die toneel deur noodpersoneel dood verklaar. Nog vier passasiers is met ernstige beserings na ʼn hospitaal gehaas.

“Die identiteit van die oorledenes en die beseerdes word weerhou totdat hul naasbestaandes ingelig is,” het Tawana gesê.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Tien mense het Saterdagoggend gesterf in twee aparte ongelukke in Mpumalanga, onderskeidelik naby Delmas en in die Verena-omgewing. In nóg ʼn ongeluk is ʼn man dood en ʼn vrou en kleuter kritiek beseer tydens ʼn trompop botsing Vrydagaand op die R24 naby die Krugersdorp-natuurreservaat.

Die ongelukstoneel op die N3 in Durban. Foto: Netcare 911

In Bedfordview in Ekurhuleni is ʼn man dood en drie ander mense beseer toe ʼn voertuig Saterdagoggend by ʼn wal in Kloofweg afgerol het, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Volgens Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, is agt mense in KwaZulu-Natal beseer toe digte mis veroorsaak het dat drie voertuie op die N3 in Durban gebots het.

“Aangesien die paaie oor die langnaweek heeltyd besig sal wees, word motoriste aangeraai om hul volgafstand te vergroot, gereeld stil te hou om te rus en te alle tye hul voertuie se hoofligte aan te skakel om hulself meer sigbaar op die pad te maak,” het Dollman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Buitestander ·

Dit gebeur as bestuurder te lang afstande in kort tye wil aflê.

elize naude ·

Niemand weet wat werklik gebeur het…maar almal meen te weet sy tese klop

Meatloaf ·

Juis twee weke gelede het my kombi se band gebars teen 65 mpu. Kombi het nie eens skeef getrek, en baie veilig gestop. Wat kon hier gebeur het?

Chris Ws ·

Toe 5 mynwerkers onlangs in ‘n myn in Carltonville gesterf het het die minister van mineraal en energie dadelik “ingegryp” om die sterftes in myne te stop.’n Mooi gebaar.
In 2 dae is minstens 17 mense dood op ons paaie.Dis meer as 3 maal soveel sterftes as in die Carltonville myn geval.WAAR is die minister van vervoer nou?Sover is hy doodstil.WAAROM gryp hy nie in nie??Ons land se paaie het ‘n slagveld geword agv te veel onbevoegde bestuurders wat die padwette links en regs oortee en heeltemal verontagsaam EN niks oorkom nie.En hier sluit dit ALLE rasgroepe in!Arto se punte stelsel gaan niks help nie.As iemand 12 punte opgegaar het moet sy voertuig geskud word vir die tydperk wat sy lisensie opgeskort is.So nie gaan hy net aanhou ry opgeskorte lisensie of nie.

Johan Venter ·

Ja Chris, wat jy eintlik probeer sê is dat ons eindom aan die staat behoort, dalk moet jy begin oplet hoeveel moeite word gedoen om slegs blanke motor bestuurders af te trek

Chris Ws ·

Johan smaak my waar jy bly gebeur iets!Hier by ons is dit ‘n snaaksheid as jy verkeers polisie sien!

Lynette Brink ·

Ons is gistermiddag verby die ongelukstoneel naby Vosburg in die Kaap waar die bussie se band gebars het. Die wrak het nog net so in die veld gestaan en dit was duidelik dat daar lewensverlies moes gewees het. Die merke op die pad wys ook dat die bestuurder desperaat probeer het om beheer oor die voertuig te hou. Weereens beklemtoon dit die absolute noodsaaklikheid van bande nagaan voor ‘n lang reis. Simpatie met die mense se families.

elize naude ·

Mooi om te sien dat iemand meer oor sy medemens bekommer is as om klippe te gooi oor wat die oorsaak was… my gedagtes is ook by die families en hul groot verlies…

Ben ·

My motor se nuwe band het op +-30Km gebars. Dit was die linkerband band agter. My motor het soos ‘n passer se punt wat ingesteek was na links geswaai. Enige pogings om die motor te beheer met die voorwiele was nutteloos. Ek kan net dink wat gaan gebeur op 60 Km en op. Weereens, nie “re threaded”, nuwe band, goeie Handelsmerk. Ek het ‘n gevoel daar is substandaard bande op die mark, vervalsings wat verkoop word as Goeie Handelsname???

anton ·

Mense kan nou maar se wat hulle wil, maar baie ongelukke is a.g.v onbevoegde bestuurders wat nie agter n voertuig se stuurwiel hoort nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.