Ses mans vas vir tiener se moord

mesSes mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn tienerseun Maandag by ʼn kroeg in die Oos-Kaap.

“Die mans, tussen 19 en 21 jaar oud, word daarvan verdink dat hulle glo die 17-jarige seun in Bongweni in Mthatha met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het,” het ao. Dineo Koena, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.

Die tiener het kopwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes moet binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Belinda ·

Dit gaan lekker om in n kroeg te kuier op n Maandag en dan is die persoon nog minderjarig…………………..wens kinders wil besef hulle moet by hulle huise bly en studeer en ophou om te mors met dit wat vir hulle gegee word………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.