Ses mense in huis geskiet terwyl hulle slaap

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die Noordwes-polisie het drie mense in hegtenis geneem nadat daar die naweek op ses mense losgebrand is terwyl hulle in hul plakkershut in Khuma naby Stilfontein geslaap het.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die verdagtes het na bewering die slagoffers se woning betree en lukraak geskiet.

“Die polisie is van die voorval ingelig en by hul aankoms het hulle drie slagoffers dood op die grond aangetref met koeëlwonde aan die kop en bors,” het Moleko gesê.

“Die ander drie slagoffers het die skietvoorval oorleef, maar been- en rugkoeëlwonde opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.” Die ouderdomme en name van oorledenes is nie bekend gemaak nie.

Die polisie het ʼn volskaalse ondersoek van stapel gestuur wat tot die inhegtenisneming van drie verdagtes, onderskeidelik 29, 39 en 46 jaar oud, gelei het.

Die verdagtes moet Woensdag in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die motief vir die skietery is in dié stadium nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

piper ·

daar is net hopelooste veel wapens in omloop. die besit van onwettige wapens moet baie swaar gestraf word sodat niemand aan so n wapen wil vat nie.

wonder maar net ·

dit is baie hartseer vir die moorde en moes nooit gebeur het , maar ek is verbaas oor die spoed wat daar arrestasies plaasgevind het hoekom nie by plaasmoorde nie?

Nou ja toe ·

Nou ja toe me Sisulu, ons bly in ‘n land met WETSGEHOORSAME burgers, nie boere of mense in plakkerkampe se lewens is in gevaar nie, ook nie op die bendevlaktes nie, ook nie in huise in stede en dorpe nie. IGNORANCE IS BLISS .. lekker as MY belastinggeld JOU bodyguards en sekuriteit betaal en die res van ons is aan MISDADIGERS oorgelaat?????

H.A. ·

Waarom wil almal tronk toe gaan ? Wel, dak oor jou kop, lekker bed, 3 gang maaltyd elke 5 uur. Verder doen jy niks heeldag. Jy en jou maters het baie tyd om julle volgende misdade te beplan. Hoe groter jou vonnis hoe meer voordele is daar !

Casper Labuschagne ·

Wat my bekommer is dat as ek na die opskrifte oor misdaad kyk herinner dit my aan ‘n ander land met net sulke brutale misdaad waarvan ek al gelees het – Venezuela.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.