Ses mense in Ogies doodgeskiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Die polisie van Ogies in Mpumalanga het ʼn soektog van stapel gestuur na vier verdagtes wat vandeesweek ses mense koelbloedig vermoor het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die voorval het Donderdag omstreeks 19:00 in die Steyn- informele nedersetting plaasgevind.

“Vier gewapende mans het by die nedersetting, wat hoofsaaklik burgers van Lesotho huisves, opgedaag. Die verdagtes het navraag gedoen oor iemand wat hul familielid in Rietspruit naby Kriel vermoor het,” het Hlathi gesê.

“Die mense het gesê hulle ken nie die betrokke familielid nie, waarna daar op hulle geskiet is.”

Drie vroue en drie mans, onder wie ʼn paartjie, is dood. Vier van die mense is op die toneel dood en twee in die hospitaal.

Die verdagtes het na bewering in ʼn wit Toyota Quantum gevlug en Sotho gepraat.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leahim ·

Die nedersetting huisves meestal lesotho burgers nou wonder ek hoekom is daar geen nedersetting in lesotho wat net suid afrikaanse burgers huisves nie dit sal slim mense laat dink ne.

Hendrik ·

‘n Baie goeie voorbeeld van tribalism! Dis hoe dié ouens reg en getegtigheid verstaan! Dat daar wragtag mense was wat dit nie kon sien in 1982 nie! Dankie baas FW, dankie baas Pik!

Eish ·

Hierdie klas teregstelling is algemeen veral waar mynbedrywighede is en groot konsentrasies, veral maar nie uitgesluit, Lesotho burgers is. Dit is bende bedrywighede en die verskillende bendes word uitgeken aan die verskillende kleur komberse wat gedra word. Verder het die Zama- Zama’s ook n beduidende invloed op die huurmoorde, as gevolg van onderlinge verskille. Gewone jaloesie op mekaar, speel ook n groot rol. Die Afrika manier van geskille besleg. Sedert onwettige vuurwapens goedkoop en vrylik beskikbaar is, het die klas moorde die hoogte ingeskiet. In die Vrystaatse goudvelde is daar gemiddeld vier sulke moorde per week. Onlangs is n mynbestuurder op soortgelyke wyse tereggestel.

Dié situasie is totaal buite beheer met polisielede wat in meeste gevalle op die misdadigers se betaalstaat is.

Maar wat kan ons verwag van n parlement waarvan 70% van die lede in plaas van n voorbeeld stel, gebots het met die sisteem wat hul deur honderde wette jaarliks te produseer, daargestel het om die res van ons in toom te hou.

piper ·

kry al die buitelanders uit die land uit en misdaad gaan afneem. al daardie klein winkeltjies wat hulle bedryf is net n front vir een of ander onwettige besigheid. hulle het nie eens n bankrekening nie en betaal geen btw nie. van hulle kan nie eers een van ons landstale praat nie.

Liberaal ·

Nee, ons moet lief wees vir almal wat ons land, geld en taal wil vat, ons moet dit vir hulle op n skinkbord gee, volgens die liberale media.

Niklaas ·

Die libs se tyd raak kort.Dit is besig om weredwyd so te raak.En de klerk en sy roelfie gaan nerens welkom wees nie wznt wanneer die anc jou klaar gebruik het spoeg hulle jou uit.En dit het klaar met de klerk gebeur en een van die dae is dit roelfie se beurt.Kan nie wag vir daardie dag nie en ek glo dis naby. Daardie twee sal nerens ontvang word nie want die libs en verraaiers se tyd raak min.

Johan ·

De klerk en sy gespys moet vir moord aangekla word hulle het geweet dit wat in die land aangaan sal gebeur ,hoekom bly de klerk in ander land los ons mense wat teen komminisme is hier en vrek.

Danie ·

Ja toe, gaan die misdaad nou aandag trek want die plaasmoorde trek GEEN aandag nie, ek lees elke dag kommentaar op baie koerantartikels en FB artikels en nie een ANC ondersteuner of anderskleurige betoon enige simpatie met die slagoffers van plaasmoorde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.