Ses mense in ongeluk naby Jan Kempdorp dood

(Argieffoto: Hansie Linde)

Ses mense is Saterdagaand naby Jan Kempdorp in die Noord-Kaap dood ná ʼn beweerde kop-teen-kop-botsing tussen twee motors.

ʼn Geregtelike doodsondersoek na die voorval is intussen van stapel gestuur.

Lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê dat die noodlottige ongeluk 19:45 op die N18 naby Jan Kempdorp plaasgevind het.

“Die ongeluk het gebeur toe ʼn Volkswagen Polo en ʼn Hyundai Tucson mekaar getref het,” sê hy.

Drie insittendes in die Polo, almal vroue, is op die toneel dood verklaar, terwyl nog twee passasiers na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling.

“Die drie insittendes van die Hyundai, ’n man en twee vroue, is ook op die toneel dood verklaar.”

Die presiese omstandighede rakende die ongeluk is nie in hierdie stadium duidelik nie, maar die polisie ondersoek die saak.

Kock het intussen ʼn beroep gedoen op enigiemand wat inligting oor die voorval het om sers. Molekeng by 060 976 9076 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Hierdie is absoluut hartverskeurend. Mag God al die families en vriende betrokke styf vashou en krag gee om deur hierdie bitter swaar tyd te kom.

Danie ·

N motor botsing is n uiters tramatiese gebeurtenis.Daar al hoe meer gevalle van ernstige botsings met sterfgevalle waar is ons verkeersowerhede wat wet en orde op paaie moet handhaaf.

Hannelie ·

Rus in vrede, kinders was nog so jonk. Sterkte aan die twee families van die drie meisies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.