Ses mense, waaronder ’n baba, sterf in botsing met vragmotor

Foto: Verskaf.

Ses mense, waaronder ’n baba, is dood toe ’n steenkoolvragmotor en ’n voertuig gebots het en die vragmotor gevolglik aan die brand geslaan het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder vir ER24, het gesê die voorval het Saterdagmiddag op die R546 tussen Evander en Embalenhle in Mpumalanga plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die voertuig en die vragmotor langs die pad aangetref. ’n Deel van die vragmotor was nog aan die brand,” het Van Huyssteen gesê.

Toe paramedici verder ondersoek instel, het hulle ʼn baba en vier volwassenes buite die voertuig aangetref. “Een ander persoon was nog in die voertuig vasgekeer. Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Han ·

Dit is skrikwekkend hoeveel vragmotors deel uitmaak van ongelukke op die paaie! Wat gaan aan? Dit ruk handuit!

Se maar net. ·

Vragmotors het ongelukkig geen veilige aftrek plek nie so hulle jaag van punt A na punt B en slaap nie want dit is net te gevaarlik. Ek as vrou van n vragmotor bestuurder en ma van n vragmotor bestuurder bid net elke dag vir hierdie mans op die paaie. Hulle kan nie slaap nie en word uit dorpe gejaag as hulle stop om kos te koop. So hulle is moeg, honger en dors.

Frank ·

Ek wonder wat is die jaarlikse ongeluk/ padsterfte syfer in SA?

Rêrig!! ·

Nog mense dood agv ‘n steenkool trok!!
Meeste van hulle ry absoluut onverskillig, hulle is erger op daai paaie as taxis in die stad, dink die pad behoort aan hulle en omdat hulle groot is moet ander verkeer maar net padgee.
Dan is die omliggende paaie van Witbank tot anderkant Middelburg waar die steenkool myne en kragstasies is baie nou en in ‘n haglike toestand!!

Asjas ·

Ek wil geensins opkom vir trokke nie maar wees realisties. Daardie paaie was nie gebou met trokke in gedagte nie. Daar is geen geel streep nie en is enkel bane in albei rigtings. Die paaie word nie onderhou nie en is vol slag gate en die rand is so gevaarlik hoog jy kan nie met ‘n motor daar aftrek nie. Ek weet nie hoe dit trokke affekteer nie maar ek het al twee bande en skade aan petrol tenk gehad toe ons net MOES padgee vir abnormale vrag!!
Aftrek en bene rek of slaap is so uit soos wors in ‘n hondehok want en SAL gekaap word.
Ons raak ongeduldig en vat dan maar ‘n kans en gaan verby.
Kom ons plaas die blaam waar dit hoort?

Christine ·

Ek stem saam met “Ek se maar net” my broer het gesterf terwyl hy oppad was om n vrag te gaan laai. Dit is maar net n gebed saak

Nicoleen ·

In hierdie geval was die trokdrywer onskuldig. Die bestuurder van die motor het nie gestop by stopteken nie en voor die trok ingedraai. Dalk moet Marola media net die volle inligting deurgekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.