Ses met springstof, vuurwapens betrap

boeie 2Ses mans is Maandagaand in Limpopo hegtenis geneem nadat ongelisensieerde vuurwapens en springstof in hul besit gevind is.

Lt.genl. Solomon Makgale, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê vyf van die verdagtes is Suid-Afrikaners en een is ʼn buitelander. Hulle is op die N11-pad tussen Steilloop en Mokopane in hegtenis geneem.

Die mans was glo op pad om ʼn kitsbank op te blaas en werkers by ʼn besigheidsperseel te beroof.

Die polisie het op vyf vuurwapens, ammunisie en die springstof beslag gelê.

Die vuurwapens gaan vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met ander misdade verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.