Ses mynwerkers onder grond vasgekeer ná grondstorting

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Donderdag gesê hy is “diep ontsteld” oor die nuus van ses mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is ná ʼn grondstorting by die Mponeng-myn in Carletonville in Gauteng.

Erick Gcilitshana, NUM-hoof van gesondheid en veiligheid, sê dié grondstorting is glo veroorsaak deur ʼn aarskudding wat sowat 1.1 gemeet het.

Dit is die derde soortgelyke voorval sedert verlede maand. “Die soek-en-reddingspan is in dié stadium in staat om met een van die mynwerkers ondergronds te kommunikeer. Die reddingsoperasie is amptelik aan die gang gesit. NUM is vasbeslote dat al ses werkers gered sal word,” het Gcilitshana gesê.

Die Mponeng-myn is sowat 4 km diep en word gereken as die diepste myn ter wêreld.

Meer inligting oor die werkers is nie in dié stadium bekend nie. Die reddingsoperasie is steeds aan die gang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

My gevolgtrekking ook Sophia, toe ek lees dat dit die diepste myn is.

Houtoog ·

Die myn is seker ‘naby’ Carletonville en nie ‘in’ Carletonville?
Die ‘aarskudding’ is seker ‘n ‘aardskudding’. Hierdie skuddings het dan ook te doene met mynboubedrywighede wat plaasvind waar reeds verskuiwingsgebiede bestaan wat nou versteur word. Daar word baie presies te werk gegaan met o.a. bestutting om die verskuiwings (aardbewings) teë te werk sover menslik moontlik wat natuurlik nie 100% kan gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.