Ses nuwe voertuie by Ford-handelaar gesteel

ford1

Foto: AP Photo/Alan Diaz.

Die polisie in Phalaborwa in Limpopo is op soek na ʼn groep verdagtes nadat ses nuwe voertuie Saterdag in die vroeë oggendure by ʼn Ford-motorhandelaar op dié dorp gesteel is.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die polisie, sê die onbekende aantal verdagtes het gedwonge toegang tot die gebou verkry, die sleutels van die motors uit ʼn kantoor gesteel en toe met die voertuie gevlug.

Volgens Netshiunda is ʼn wit Ford Ranger WildTrak 3.2 D/C 4X4, ʼn silwer Ford Ranger WildTrak 4X2 D/C, ʼn wit Ford Everest 4X2 XLT, ʼn goue Ford Ranger 2.2 enkelkajuit, ʼn goue Ford Ranger 2.2 XL D/C 4X4 en ʼn wit Ford Everest 4X4 LTD in die voorval gesteel.

“Die voertuie is laas by ʼn vulstasie in Namakgale op die R71 gesien toe die verdagtes brandstof ingegooi het,” sê Netshiunda.

Handskoene wat glo ten tyde van die rooftog deur die verdagtes gebruik is, is op die toneel gevind.

Enigeen met meer inligting oor die voorval word aangemoedig om die misdaadnoodlyn te skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eish ·

Almal van ons sal moet nuut dink oor sekuriteit.
Parameter sisteem buite gebou en alarm binne. Gewapende reaksie eenheid as deel van die sisteem. Anders gaan jul eenvoudig verloor. Dis georganiseerde groepe.

Bazonlan ·

Jy bedoel seker perimeter.

Parameter is iets heeltemal anders.

willie ·

Ooglopend ñ ” inside job “! Teen hierdie tyd is die voertuie oor die grens, hulle kan maar begin met leunverklikkertoetse by die handelaar en dit van daaraf vat!

Leon ·

Stem 100% saam met jou.Dit het so 2 maande terug ook by Ford Barberton gebeur.

Chris Ws ·

Dis duidelik dat Ford handelaars niks geleer het uit die Baberton diefstal nie.En ja dit is beslis ‘n ”inside job”.Almal het mos selfone met kameras waarmee als afgeneem kan word.Die polisie kan begin deur almal se selfone te vat en deur tegaan.

Gerrit ·

Hulle sal nie ver kom nie onthou hulle ry met ford nie Toyota nie??

Karel ·

Dan wil sekere partye voorgee dat SA ‘n beskaafde land is ???

Meneer ·

Dit was slim mense gewees, want klink my dis net die Kuga’s wat agter moes bly.

Kiewiet ·

Jys verkeerd Gerrit as dit Toyotas was sou hulle nie verder as die eerste draai gekom het nie , dan het hulle op hul dakke gele. Dis hoekom hulle Toyotas weduwee bakkies noem.

Hannelize ·

Dink dit is ‘n inside job.
Wil ook net noem ons plaaslike koerant het berig dat 5 uit 6 van die voertuie gevind is in Musina.

Anna-Marie Labuschagne ·

Onthou julle nog die goeie ou jare toe die motors nog snags op vertoon was en veilig was? Ek onthou ons kinders moes snags maar saamgepiekel het terwyl die manne om die karre geloop het bekyk en bevoel en bespreek het. Die goeie ou jare.

Tessa ·

Ek onthou Anna~Marie! Dieselfde met juweliersware & ringe wat in die winkelvensters in die Malls uitgestal was! Dit was inderdaad baie goeie jare!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.