Die Gautengse polisie is op die spoor van ses gevangenes wat Vrydagoggend op pad hof toe uit aanhouding ontsnap het.
Die gevangenes was op pad na die hof in Vosloorus toe die polisievragmotor wat hulle vervoer het, deur drie gewapende mans in ʼn silwerkleurige Audi op die hoek van Barry Marais- en Rondebultweg in Boksburg oorval is.
Brig. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, sê vyf van die ses ontsnaptes moes in die hof verskyn in verband met ʼn saak van poging tot moord, sakeroof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.
Die sesde verdagte sou vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van winkeldiefstal.
Die ontsnaptes is geïdentifiseer as Nkululeko Nkomo, Robert Hlatshwayo, Thulani Dube, Augustine Moyo en Mbongiseni Mkandla. Hulle is almal Zimbabwiese burgers.
Die sesde verdagte se naam word in die stadium weerhou aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Hulle is seker nog onwettig in die land ook! Dalk is daar ook iemand in die binnekant van die tronk wat aandeel het hieraan. Hierdie korrupte tergering moet dringend ‘n plan maak om al die onwettige immigrante op te spoor en aan te kla! Hulle is die oorsak dat die misdaad toe erg toegeneem het in die land.
En seker nie een van hulle is wettig hier nie! Maar dit is moes ons president se maatjies so hulle is ok.
Ons lees nie Dat die polisie weerstand gebied het nie. Het hulle die vangwa se deure maar net oopgemaak.
Ai die SAPS is darem slap en onprofessioneel!!
Ag siestog man, dat ons nou Zlimblapswe se burgers nou so lelik behandel… Skaam julle!