Ses ontsnap uit aanhouding

jail_barsDie polisie in Mpumalanga het ‘n reuse soektog van stapel gestuur nadat ses mans uit polisie-aanhouding in Hazyview ontsnap het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die ses mans het Sondagmiddag uit die Hazyview-polisiestasie ontsnap.

Mohlala sê die mans het die sel se sleutels by twee polisiebeamptes afgeneem toe hulle kos gekry het. Hy sê die polisiebeamptes se hande is geboei en met ‘n tou vasgemaak voor die mans hulle beroof het. Die mans het ook met ‘n vuurwapen gevlug.

Mohlala sê die mans is onder meer in hegtenis geneem vir verkragting, moord, roof en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Hoekom het hulle so n swak werk gedoen. Hulle die, ontsnaptes moes sommer die totale gevangenis se deure oopgesluit het. Wie gee tog regtig om. Allermins die regering. Al oplossing vir SA is 2 Hitlers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.