Ses verhoorafwagtende gevangenes het Donderdag uit die aanhoudingselle van die Witpoort-polisiestasie in Limpopo ontsnap.
Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is onder meer in hegtenis geneem op aanklagte van verkragting en gewapende roof.
Die verdagtes is geïdentifiseer as Silence Duba (23), Thomas Chuma (29), Clifford Muhonhori (33), Phineas Malangoane (36), Moses Modimola (24) en Jeremia Machaba (28).
“Die mans moet as gewapen en gevaarlik beskou word en die publiek word aangeraai om hulle nie te konfronteer nie, maar eerder dadelik die polisie in kennis te stel as iemand hulle opmerk,” het Otto gewaarsku.
Mense wat weet waar die verdagtes is of wat verdagte mense in die omgewing opmerk, word versoek om kapt. Rakhubela by 082 469 1353 te bel.
Die omstandighede rondom die ontsnapping word ondersoek.
Slegs dié foto’s van sommiges van die verdagtes is tans beskikbaar:
- Cleo Clifford Mutonhori
- Thomas Chuma
- Silence Dube
- Phineas Malangoane is Sondag weer in hegtenis geneem. Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Is dit so snaaks dat die polisie al weer betrokke is? Dan is daar mense wie so vinnig is om te sê die polisie is betroubaar!
Wys ons hoe lyk almal. In die goeie ou dae het ons Police Files gehad wat fotos van mense wat gesoek word gewys het. Hoekom het ons dit nie meer nie….
Niks nuuts nie net weereens n bewys dat die polisie pateties is ! En niks gaan verander nie … ” back to basics” ja sure dis n grap man !
Ons kan nie meer Police file he nie, want ons sal dit Parliament files moet noem
Inside job, indien opgemerk stel polisie in kennis, sodat hul weer kan ontsnap, pateties.