Ses ontsnap uit Pollsmoor

Die Pollsmoor-gevangenis in Tokai in Kaapstad. Foto: Google Maps

Ses gevangenes het Sondagaand laat uit die Pollsmoor-gevangenis in Tokai in Kaapstad ontsnap.

Simphiwe Xako, Wes-Kaapse woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê die gevangenes het omstreeks 23:00 uit die B5-eenheid van die Pollsmoor Medium B-gedeelte ontsnap.

Daar word vermoed dat die ses gevangenes tralies verwyder het deur stukke metaal te gebruik wat hulle verkry het deur een van die beddens te breek. Volgens Xako was een van die ontsnaptes besig om 12 jaar tronkstraf vir poging tot moord uit te dien, terwyl die ander ontsnaptes vir minder ernstige misdade gevonnis is.

“Al ses gevangenes is steeds op vrye voet. Lede van die noodondersteuningseenheid van korrektiewe dienste werk nou saam met die SAPD om die gevangenes op te spoor en seker te maak dat hulle aan die pen ry,” het Xako gesê.

“Lede van die publiek word gemaan om nie die ses ontsnaptes te nader nie, maar eerder enige inligting by die naaste polisiestasie aan te meld.”

Hy het bygevoeg die departement het ʼn interne ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Genieve ·

Maar hoe sal ons weet wie hulle is as die identiteit nie aan die publiek bekend gemaak word nie.

Ekke ·

Nee hoor….. net in Suid Afrika waar dit gebeur. Hoe sal ons weet vir wie om uit te kyk en dan inligtig deur te gee aan ons naaste Polisiestasie… regtig ???

anti verrotting ·

Ja – iemand het net eenvoudig die deur oopgesluit vir ‘n R100.00 en daar gaan hulle….
Geen probleem nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.