Ses ontsnap uit selle toe polisie kos bring

Argieffoto

Ses verhoorafwagtende gevangenes het Saterdagmiddag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen ontsnap.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die ontsnapping het om 16:45 gebeur toe polisiebeamptes vir die gevangenes kos gebring het. ʼn Volskaalse soektog na die ontsnaptes is sedertdien van stapel gestuur.

Die gevangenes sluit in Adam Baloyi (20, vas vir huisbraak), Eddie Baloyi (20, vas vir poging tot moord en gewapende roof), Benedict Ledwaba (36, vas vir diefstal), Doctor Kubayi (31, vas vir sakeroof), Lordwick Mhlongo (36, vas vir sakeroof) en Frank Nyambi (31, vas vir sakeroof).

“Die omstandighede van die ontsnappingsvoorval word nog ondersoek,” sê Ngoepe.

Enigiemand met inligting wat tot die herinhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om kol. Cecil Machimane by 082 451 7181 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ag shame... ·

Mense…..hoe gebeur so iets?! Is ons stelsel dan alreeds so gebreek en waar is die beeld materiaal van die ontsnapping – dis bitter swak om die minste te se!!!

Heksie ·

Lede mag nie hul vuurwapens tydens besoeke aan die aanhoudingselle saam neem nie, juis omdat hul oorval kan word.
gewoonlik gaan slegs 2 lede na die selle om besoek te doen, inspeksie of kos te gee. Dit is maklik vir gevangenis om hul dan te oorrompel en te ontsnap. Van hulle is selfs al vermoor en dan het gevangenis so ontsnap.

Piet kokewiet ·

Snaaks hoe da elke keer iemand ontsnap en soos gewoonlik is die police onskuldig.

humor ·

En weereens betaal die belastingbetaler vir hierdie duur soektog.

Gert J ·

Polisie volg nie regte protokol wanneer hulle gevangenis kos gee nie. Slapgatte. Tweedens die poliesman kan omgekoop wees.

Johan H. ·

Watter kleur is die lot wat die ander lor vrygelaat het,,,,go figure!

Warrant Officer ·

En Blanke lede is nie Korrup en of sleg nie….

Julle Blankes besef nie dat daar Blanke lede in die SAPD is wat ook uit die bus geval het ….

Cherokee ·

Ja’a Warrant Officer, maar die Andre Stander(s) is nie so volop nie.

Markus ·

Jy is behep met kleur. Jy gaan verbaas wees as jy jou ogies op hierdie aarde gaan toemaak en Jesus se kleur sien. Sterkte.

Chris Ws ·

Hulle het gesien hulle kry vandag “take aways”.Die polisie is skuldig maar soos gewoonlik gaan hier dadels van kom.Hulle is almal pelle.

Johanna Botha ·

Die OU SELFDE STORIE ….oor en oor ….die bewaarders bly omkoopbaar en uselessssss en niks gebeur met die wat sulke halwe werk doen nie ….NIKS !

marous ·

Die selle is meters vanaf die aanklag kantoor . Helder oordag , en waar was die kollegas ?

Gert van Wierdapark ·

Nee wat, met n vol maag en die ontsnapbare polisie-lede met lee borde, is daai ses seker al weer besig om te “werk”. Ek sal graag wil weet hoe laat die half dosyn gevang en selle toe is. Miskien was dit hul eerste versnapering gewees?

Hennie ·

In my polisie dae het ons die pap en tik onder deur die seldeur gestoot!

Wilma ·

Dalk weer inside job. Baie korrupte mense ongeag ras. Selle met diewe

Schalk ·

Onbevoegde, SAP vra virrie die OU met die hoed hy is mos die hoof gereeld op tv maar sy besigheid is vol lys.

Audi ·

Daai ou met die hoed weet niks kan nie eers ‘n verklaring afneem nie ,was nie eers ‘n polisiekonstabel nie.

Schalk ·

Ontsnap nee vrygelaat seker plaas moordenaars nog nie klaar nie.

Antionette ·

Dit gebeur want SAPD is jare lank nie meer wat dit moet wees nie. Kyk maar hoe onnet lyk hulle deesdae, uniforms bestaan dan deesdae uit kortbroekke. Daar is geen trots meer soos 20 jaar trug. Kom jy in n aanklag kantoor sit en slaap hulle agter die toonbank. So dis nie n wonder as so iets daagliks gebeur nie.

christa ·

natuurlik is dit inside job. Meer kriminele loop los as wat toe gesluit is. Hoekom gaan net een persoon na sel om kos uit te deel. Kan hulle nie bietjie verder dink en twee stuur sodat een net kan dophou. As hulle wel uit die sel kom, hoe kom hulle deur al die verskillende deure uit, of word dit gerieflikheids halwe oop gelos vir ingeval iemand wil ontsnap

christa ·

Antionette jyt ‘n punt daar . Ek het myself uniform gedra en was trots om een van die mag te wees maar vandag word enige figuur in die uniform gedruk. So slordig, hulle kan maar in hul eie klere op kantoor wees daar sal nie n verskil wees nie. In my tyd moes jy privaat klere dra tot jy maerder en meer fatsoenlik lyk maar deesdae is “hoe vetter hoe beter” Onaktiwe mense kan ook nie hardloop agter ontsnaptes aan nie. Los dit vir die maerdes en hulle is die helpers wat nie sal hardloop om te vang nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.