Ses ontsnaptes weer vasgetrek

Argieffoto

Ses gevangenes wat vroeër vandeesmaand uit aanhouding in Pudimoe in Noordwes ontsnap het, verskyn Maandag in die Taung-landdroshof nadat hulle sedertdien een vir een weer deur die polisie aangekeer is.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het die verdagtes op 14 Junie uit aanhouding by die Pudimoe-polisiestasie ontsnap.

Oageng Senye (24) en Mosimanegape Mohutsana (20) is binne 72 uur ná die ontsnapping vasgetrek. Senye se pa het sy seun reeds die dag ná die ontsnapping aan die polisie in Vryburg oorhandig terwyl die polisie inligting ontvang het van Mohutsana se bewegings wat tot sy inhegtenisneming die dag daarna, 16 Junie, in Vryburg gelei het.

Volgens Tselanyane het die polisie op 17 Junie inligting ontvang van die derde gevangene, Lawrence Ntwagae (28), wat by ʼn plek genaamd Colour-Blocking buite Vryburg weggekruip het.

Die vierde gevangene, Sipho Mohutsiwa (24), is op sy beurt die volgende dag omstreeks 20:30 in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het van ʼn verdagte man wat al langs die spoorlyn naby Vryburg gestap het. Die man het nie probeer om van die polisie te vlug nie en was duidelik baie uitgeput en honger, het Tselanyane gesê.

Tumelo Setlhodi (37) het homself op 19 Junie aan die polisie oorhandig, terwyl die sesde gevangene, Hendick Pampier (36), op 20 Junie aangekeer is waar hy in Colridge, Vryburg, weggekruip het.

Al ses gevangenes verskyn vandag in die hof op aanklagte van die ontsnapping uit wettige aanhouding.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die aankeer van die gevangenes behoort as ʼn waarskuwing te dien aan diegene wat dink hulle kan misdade pleeg en dan uit aanhouding ontsnap. “Die lang arm van die gereg sal julle inhaal,” het Motswenyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Hoekom moet hulle weer in die Hof verskyn as dit die Polisie en/of bewaarders se nalatigheid was dat hulle in die eerste plek ontsnap het. Dit hou die SAPD uit hul werk en mors tyd wat hulle kon spandeer om nuwe skelms te vang.

Gert van Wierdapark ·

Lyk my asof die Skelms die lewe agter die tralies geniet het – gelukkig is hul darem ongedeerd gevind en het hul seker gisteraand lekker geslaap en geeet! Miskien moet die bewaarders hul die keer fyn dop hou want na n week of wat terug in die tjoekie kan die begeerte om te verdwyn, dalk weer opduik!

Linky ·

Hy was uitgeput en honger: gelukkig kan hy nou lekker gaan rus en verniet eet op ons belasting betalers se geld.

marous ·

Lang arm van die gereg moes verhoed het dat hulle ontsnap .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.