Ses op Vrystaat-plaas vasgetrek

Polisiebeamptes by die vier verdagtes wat op 'n aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Polisiebeamptes by die vier verdagtes wat op ‘n aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Ses verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas net buite Excelsior in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Woensdag inligting ontvang dat daar koper op die plaas gesmelt en met dagga handelgedryf word. Polisiebeamptes het die plaas deur die nag dopgehou en omstreeks 05:25 toegeslaan terwyl die verdagtes besig was om koper te smelt.

“Twee verdagtes, albei van Theunissen en tussen 30 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde koper,” het Xuma gesê. “Die koper het meer as 24 kg geweeg en het ʼn geraamde waarde van R30 000.”

Volgens Xuma het die beamptes die plaas verder deursoek en ʼn klein sak met dagga naby die plaashuis gekry. Die beamptes het die plaaseienaar en drie Lesotho-burgers wat daar gekuier het oor die dagga ondervra. “Die kuiergaste het beweer dat dit hulle dagga is. Die polisie het verder gesoek en nog 37 kg dagga in drie sakke gevind wat onder ʼn boom weggesteek was,” het hy gesê.

Daar is beslag gelê op R37 950 se dagga en die plaaseienaar en sy besoekers is op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Die ses verdagtes sal binnekort in die Excelsior-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Donovan ·

Daai plaas was voorheen bewoon deur iemand wat waarde toe gevoeg het tot ons voedsel sekureteite en nou is dit n rowers spilonk…

Knersus D ·

Jip, dis die prys…Dis die rede waarom ons gereeld sonder elektrisiteit sit want koperdraad is goeie geld.

Ian ·

Beslis nie. Koper se skrootwaarde is om en by R68 per kg. Beslis nie R1250 nie. As dit was, was ek n miljoenêr.

Ruby ·

Nie almal weet wat om met ‘n plaas te doen nie, maar hê wil hulle hê!

Theuns ·

Nog buitelanders! Dit wat die ANC regering nie steel nie word deur buitelanders weggedra al moet hulle moord pleeg in die Prosses. Ek hoor een van die ouens wat aangesoek gedoen het vir die OB Pos is ook ‘n Zimbabwier sederd 2010?

Theuns ·

Jammer, bedoel dat die ou wat aansoek gedoen het vir die OB pos is in SA sedert 2010.

Theresa B ·

Net so Donovan. Hulle het almal ander planne met die plase wat hulle vat. Of die arme diere vrek van die honger en dors of die plase word gebruik vir sulke bedrywighede. Ek het nie woorde nie.

Theresa B ·

My kommentaar word nie geplaas nie, maar ek het onder andere saam met Donovan gestem!

Wat-ek-lees ·

Bied hulle werk aan by Eskom dan sal hulle meer kry en sommer ook makliker kan koper steel.

Karma ·

Kyk en kyk mooi, mense. Dit is hoe die “plase” van die toekoms lyk. Die land wat die boere van hulle ‘gesteel’ het, sal teruggevat word om in onwinsgewende stukke bar aarde omskep te word, waar hulle snags sit en koper smelt en met dagga smokkel. Dit is die toekoms van dié land, as die ANC en EFF langs een vuur begin sit.

Cherokee ·

Die ANC en EFF langs een vuur begin sit? Dit is die DA wat vir die EFF sitplek aanbied langs hul vuur. Dit is die DA wat met die EFF wil koaliseer. Nie eens die EFF wat sitplek gevra het maar die DA wat dit aangebied het.

Bobby ·

Hahahahahahaha amper lag ek my dood!!!! Koper se skrot prys is R50/kg. die waarde van 24kg is dus presies R 1200.00 Mooi man!!!!

Johann ·

Ek het dit al gesê en ek sê dit weer, die ANC, EFF en die DA is almal een en dieselfde. Wanneer die paupau die fan strike spring hulle in een kas en staan saam teen die res.

Johannes Meintjes ·

Oral wil almal landbou in SA en in die SAOG tot op grondvlak aanmoedig. Nie besef koper en dagga is deel van die landboumarkte nie. Is dat wat die Nuwe SA burgers op hulle palse doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.