Adjudant-offisiere Thomas Motau (38), Egypt Manzini (48), Harold Mashego (52), Vusimuzi Maphanga (44), en konstabels Vuma Ngwambe (30) en Given Mahlako (30) is daaraan skuldig bevind dat hulle Oupa Eliot Malebe op 29 April 2009 erg aangerand het.
Volgens kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, is Malebe in hegtenis geneem op aanklag van roof. Die beamptes het hom uit die aanhoudingselle gevat en erg aangerand omdat hulle glo vermoed het hy het ʼn selfoon by hom gehad.
Malebe het ʼn saak teen die polisiebeamptes aanhangig gemaak en dit is deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.
Mahlako en Manzini is elk tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Motau en Ngwambe is elk tot twee jaar tronkstraf gevonnis. Mashego en Maphanga is ʼn boete van R20 000 elk opgelê.
In die apartheidsjare was beskuldigdes deursoek (altyd met sukses) vir goedere.
Mag dit nooit nodig vir my wees om “deursoek” te word deur die huidige “lang-arm van die gereg” nie!
En as hulle uit kom al wat hulle hoor moet dit nie weer doen nie dis teen die Regering se beleid .doen dit maar sagkens julle is mos die regterhand vd Regering of het julle vergeet korup almal