Ses rowers dood in skietgeveg met polisie

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Groep gewapende mans se poging om ʼn slaghuis te beroof het in ʼn skietgeveg met die polisie en die dood van ses van hul makkers geëindig.

Volgens kol. Thembeka Mbele het die groep ʼn slaghuis in Mtubatuba, noord van Richardsbaai in KwaZulu-Natal, probeer beroof.

“Lede van die polisie se Durban-taakmag het hulle agtervolg en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Ses verdagtes, almal vermoedelik in hul 30’s, is op die toneel dood verklaar.”

Daar is op drie vuurwapens en ammunisie beslag gelê. ʼn Voertuig is ook geskut vir verdere ondersoek. “Die ander verdagtes wat in drie voertuie gery het kon daarin slaag om weg te kom en word steeds deur die polisie gesoek.”

ʼn Omstander is ook tydens die skietgeveg in die been gewond. Die 33-jarige man is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy later dood is.

Die polisie ondersoek sake van poging tot sakeroof, poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Geregtelike doodsondersoeke word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.