Ses SA’ners vas in Zambië

Foto: Zawa

Foto: Zawa

Ses Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiese burger is in hegtenis geneem nadat hulle glo 12 swartwitpense uit Zambië probeer uitsmokkel het.

Die Zambiese natuurlewe-owerheid (Zawa) het gesê die verdagtes is in Gwembe by die Katokota-vliegveld in hegtenis geneem.

Een van die Suid-Afrikaners wat in hegtenis geneem is, is glo ʼn wildvanger wat gesê het hy was besig om die diere van Lusaka na Livingstone te vervoer. Die Suid-Afrikaners het glo voorgegee om net toeriste te wees. Die wildvanger het glo ʼn permit gehad om die diere te verskuif, maar daar was teenstrydighede met die permit. Hy het ook beweer hy het nie die plek in Livingstone geken waarheen hy die diere sou neem nie.

Dit het die owerheid laat vermoed dat die mans eintlik besig was om die bokke uit die land, vermoedelik na Suid-Afrika, te smokkel. Die mans is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die swartwitpense en die ligte vliegtuig waarmee hulle vervoer sou word.

Zawa het in ʼn verklaring vier van die verdagtes se name bekendgemaak.

Volgens Zawa het vyf van die swartwitpense reeds gevrek van stres. Die res is in die Munda Wanga-reservaat vrygelaat waar hulle waargeneem sal word.

Ongeveer ʼn maand gelede is Theo Bronkhorst, die professionele jagter wat glo die jag op Cecil die leeu gereël het, in Zimbabwe in hegtenis geneem nadat hy na bewering swartwitpense onwettig in Suid-Afrika probeer insmokkel het.

*Die berig is gewysig nadat dit aan die lig gekom het dat die verdagtes nog nie in die hof verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Besorg ·

Dit kom daarvan as jy ook geldgierig is soos die res wat in die wild-piramiede skema is.

Bloues ·

Francois le Cohen……dink nou weer mooi oor wat jy getik het. Jip die wildsboere maak geld en wildsboerdery is hulle werk. Jy maak ook geld uit jou werk. Oor bewaring – As jy iets waardevols het wat vir jou geld vir n hele paar jaar kan inbring dan sal jy dit mos oppas en bewaar. Nou ja toe, dink nou weer. Boere maak wins uit wild en pas die wild op sodat daar aanteling kan wees en sodat die boer weer geld kan kry. Dit is mos bewaring, dan nie?

Francois le Cochon ·

Bloues, Chris en Paul. Sanparke bewaar ook, en hulle laat geen trofee jag toe nie. So skiet Gary Player ook nie sy perde om hulle te bewaar nie. Wildsboere boer met wild om gels te maak. Dit het niks met bewaring te doen nie, want hul grond is privaatgrond, en nie oop vir die publiek nie. As ek nou ‘n boer skakel en se^ ek wil na die wild op sy plaazs kom kyk, sal hy heel waarskynlik die telefoon in my oor neersit.

Paul ·

Op wie se koste, Francois? Dis nie verniet nie. Kyk so bietjie op jou salarisstrokie op of jou strokie by die winkel en jy sal sien daar is ‘n item wat sê “belasting”.

Asook, wat op aarde is fout daarmee om geld te maak? Dis mos ‘n goeie ding?

En ook, as jy ‘n skaars plant in jou tuin plant en dit mooi versorg en ek bel jou en vra ek wil graag daarna kom kyk, is jy mos binne jou volle reg om vir my toegang te weier?

Emosionele argumente klink baie mooi, maar dit het nog nooit enigiets gedoen vir werklike bevordering van die voorbestaan van spesies nie.

Paul ·

Francois, so wat is jou alternatief? Gaan jy ten duurste ‘n stuk grond koop, dit netjies (ten duurste) omhein, seker maak daar is genoeg water, siektes (ten duurste) bestry wanneer nodig, voer (ten duurste) verskaf in droogtetye, en dit alles net met geld uit ‘n paar toeriste wat wil foto’s neem?

Nee man, wat hierdie ouens gedoen het, blyk op die beskikbare feite verkeerd te wees – mens noem dit diefstal.
As iemand my kar steel, is hy ‘n dief, maar dit beteken nie ek is verkeerd om ‘n kar te koop en so goed as wat ek kan op te pas en te gebruik om my brood mee te verdien nie.

Wat is jou alternatief? Een of ander sprokieswêreld waar al die bokkies gelukkig en tevrede oral kan rondloop waar hulle wil? Of dalk staatsbeheerde parke wat (ten duurste!) met belastinggeld wanbestuur word?

Wildboere het reeds gesorg vir ‘n massiewe toename in wild en terugbring van natuurlike habitat wat ook vir kleiner, onopvallende diere soos voëllewe, reptiele, knaagdiere en insekte ‘n beter habitat skep.

EMK ·

Paul: Masssiewe toename – nie vir bewaring maar vir jag vir geld… wees eerlik. Terloops die berig gaan oor “poaching”

Carries ·

EMK ek dink “poaching” is ook nie waaroor die berig gaan nie. “Poaching” is die onwettige JAG van wild/diere…die makkers het nog niks gePOACH nie wel probeer steel….daar is ‘n verskil alhoewel albei onwettig is….

Paul ·

Hoe dink jy kan die diere gejag word indien hulle nie voortplant en stabiele bevolkings behou of selfs vermeerder nie?

Natuurlik word hulle gejag vir geld. Geld is nie ‘n slegte ding nie. Geld beteken juis dat die grond nie vir iets anders, soos weiding vir beeste, aangewend word nie.

Hoekom is dit so moeilik om te begryp?

As jy lees wat ek geskryf het, sal jy sien dat ek gesê het dat wat hierdie ouens spesifiek gedoen het, natuurlik verkeerd was – dit was diefstal (blyk so op die beskikbare feite, in elk geval). Dis juis hoekom dit vir my vreemd is dat mense dit nou gebruik om wildboerdery aan te val – wat het ‘n wildboer nou te doen met diefstal?

Johan ·

Twee van Hulle is nie Wildboere nie ken hulle persoonlik, ken nie die ander nie maar glo hulle is van dieselfde distrik. Twee wat ek ken is saai en bees boere.

Winston ·

Sien, hulle raak te mak. Wonder hoeveel keer wild onwettig verskuif is. Nee wat, julle moet ordentlik gestraf word. Julle sleep die land wat reeds in sy m..r is se naam nog verder deur die modder. Goed gedoen Zambie!!

susan ·

Sluit hulle toe en gooI die sleutel weg. Diere word gruwelik mishandel en aan stres blootgestel. Alles onder die vaandel van “bewaring” en jag. Soos dit is het diere reeds n stryd om in die natuur te oorleef en het hulle nie nog die mens nodig om dit nog moeiliker te maak nie. Hoog tyd dat die arme goed behandel word soos wat God dit bedoel het. Die mens is aangestel om die natuur te versorg en te onderhou. Nie uit te moor en op te vreet nie. Ek bid dat God mense se harte verander dat hulle die geld god sal los en liewer na die stepping omsien

chrisp ·

Susan.
Weet jy werklik wat jy se?
Maak al die diere vankant wat verantwoordelik is vir mishandeling en stres van ander.Daar sal niks oorbly nie want as jy al die roofdiere weg het het Kobus Koedoe vir Karel Koedoe seergemaak oor Karien Koedoe!!!!

Ai toggie.

Cliff ·

Susan, ek ondersteun jou 100% Jag is ‘n barbaarse handeling en is nie gepas met hedendaags nie.

Marsja ·

Dankie Susan. Mooi gestel. Ons is nie emosioneel nie, net meer beskaafd in ons uitkyk as ander mense, lyk dit my. Gaan kyk die doccie “Blood Lions” op Youtube en sien wat doen boere wat kamtig “bewaarders” is. As jagters bewaarders is hoe gebeur dit dat daar net 2 500 leeus is wat vry rondloop, terwyl 6 – 8 000 op geheime “teelplase is” waar hulle uiteindelik blootgestel word aan “canned hunting”. Bewaring en jag? Dink weer – en gaan kyk wat gebeur werklik op hierdie plase onder die dekmantel van “goeie jagpraktyke” vir bewaring! Lekker verkoning vir die geldjagters, sonder ‘n sweempie gewete vir die wrede behandeling van diere in hul sorg. “The greatness of a nation and its moral progress can be jusdged by the way its animals are treated” Mahatma Gandhi – AMEN!

Chris ·

Francois dalk moet jy n biejtie inligting inwin voor jy sulke nonsens kwyt raak. As dit nie vir wildboere was nie was meer as die helfte van ons wild al seker nie meer met ons nie. Ons moet dankbaar wees vir elke wildboer wat ons help om wild vir ons nageslag te bewaar. Ongelukkig gaan enige boerdery of dit nou wild bees skaap of pluimvee is gepaard met doodmaak van diere. Dood is deel van die natuur en ons voedselketting

chrisp ·

As jy iets wil bewaar gee dit komersieele waarde.Dan sal daarmee geboer word en die spesie se voordbestaan is feitlik verseker.Dit sal gebeur met renosters ook.
Dit is so eenvoudig.

EMK ·

chirsp en so vereenvoudig jy dus hierdie ouens se misdaad. Julle vergeet die hele punt van die berig – enige paoching is onnodig en ‘n misdaad. Nou kom julle met jul regverdigings, ai, hou by die berig man.

Vra maar net ·

Cliff en Susan…. as jag so barbaars is….hoe het die mens al vir honderde jare al oorleef? O en die steak en biltong wat jy so lekker aan smul….was julle al by slagpale gewees? Gaan kyk bietjie hoe word dinge daar gedoen en ek verseker jou jy gaan twee keer dink voor jy jag weer barbaars noem…..

chrisp ·

EMK.
Nee ek antwoord net die sogenaamde “diereliefhebbers”.Weinig mense is liewer vir diere as boere.

Ek het jare gelede in Mosambiek so ‘n gesprek gehad met ‘n persoon van die Natal Charks Board wat net so tevelde getrek het oor die uitwissing van die visse in Mosambiek deur die lokale bevolking. Jy sien hulle is toe al jare besig met “bewaring” in Natal. Ek vra hom toe wat soek hy hier, hy kan mos sy vis gaan vang in Natal.Nee se hy daar is nie meer vis oor soos hier nie! Toe hy my moes verduidelik hoekom daar dan so baie vis hier is na al die jare se uitmoor deur die bevolking (volgens hom) het ek daai varaf kyk gekry.

Die bewaring van diere word meestal beinvloed deur hul waarde(geldwaarde).Selfs diere tuine werk so.Jy betaal meer om na ‘n Panda te gaan kyk as ‘n rooibok ,hoekom dink jy?

En ja die mense is as ek dit reg verstaan verkeerd maar dat jag en boer van wild die probleem is laat my dink aan daai Mosambiek storie.

Uiters oningelig.

Paul ·

EMK, jy is die een wat sê chrisp reageer op die ouens se misdaad (wat inderdaad, op die beskikbare feite, soos misdaad lyk). Chris reageer op die mense wat sê dat wildboere (juis nie hierdie ouens wat wild steel nie!) nie goed is vir bewaring van habitat en spesies nie.

Cliffs ·

Susan, ek ondersteun jou 100%. Jag is ‘n barbaarse daad en hoort verban te word.

Carries ·

Susan en Cliffs, hoe het die mensdom dan nou vir soveel honderde jare oorleef? Julle voorvaders het net so lekker gejag sonder om te dink aan wat gaan oorbly as hulle alles uitjag en nie fokus op bewaring ook nie…. Ek wonder net of enige van julle al by slagpale was? Daai steak, wors, tjops en watookal jy in jou bordjie eet wat nie “gejag” word nie is diere wat na hulle dood gelei of geprotter word…. ek stel voor julle maak daar ook ‘n draai voor julle weer jag as “barbaars” uitkryt….

Tammy ·

Hoop hulle word vir ewig toegesluit en vrot op in die tronk. Daar is net eenvoudig geen respek vir die diere nie en hulle word voor die voet vrek gemaak. Geen simpatie vir julle nie, ek wil amper se julle is slegter as rowers!!!!!!

Louis ·

Lyk my julle eet net blare en boombas…
Gaan kyk wat was die wild getalle 100 jaar terug en wat is dit nou
Gewoontlik die wat niks weet nie wat die meeste wil se.

Poplap ·

Hoe vervelig is die getemery van die agtergeblewenes oor die ouens wat dmv die wildbedryf sorg dat daar nog wild oor is. Wildsoorte wat sonder wildbewaarders en jagplaaseienaars se insette, laaaankal terug reeds uitgeroei sou wees.
En toe is wyle Cecil ook met ‘n wettige jaglisensie gejag en oorlede.
:-)

Paul ·

Poplap, besef jy dat daardie leeu nie in ‘n private reservaat was waar die eienaar ‘n sterk insentief sou hê om die leeu te beskerm nie, maar juis in ‘n openbare reservaat waar die amptenare nie ‘n insentief het vir bewaring nie.
Dit wys dus juis die teenoorgestelde.

Carries ·

Ag werklik Paul??? Dankie vir die les maar hoekom ALLE jagters en jagpraktyke nou onder dieselfde kam skeer?? En ek is seker Poplap het die berigte oor Cecil gelees en “besef” baie goed wat daar staan en wat gebeur het….weer vra ek hoekom almal nou onder dieselfde kam skeer? Het jy Sondag Carte Blanche gekyk? Daar was ‘n baie insiggewende berig gewees oor “skenkings” vanaf Nationale Parke aan “Upcoming Wildlife farmers”. Ek stel voor dat jy dalk gou na daai uitsaai gaan kyk…..NIe almal wat hulself “wildboere” en “jagters” noem doen so met die regte hart nie….

Paul ·

Carries, mens skeer “oor” ‘n kam, nie onder ‘n kam nie.

Ek dink jy verstaan nie wat ek geskryf het nie. Ek skeer juis nie alle jagters en jagpraktyke oor dieselfde kam nie.
Ek skryf mos juis dat mense wat dink dat staatsbefondsde “bewaring” ‘n goeie ding is, twee keer moet dink.
Ons stem dus saam. Lees gerus wees.

Jakes ·

Trêk hulle gatvelle af! Dis hierdie tipe “bewaring en bewaarders” wat diere van stres laat vrêk of onderdeur brûe vervoer… Magtag man, straf hulle!!!

Siel ·

Dit is hartseer oor die persone wat gevange geneem is. Sommiges kom weg daarmee ander nie, ek ken nie hul omstandighede nie en kan nie oordeel nie. Nog ‘n treetjie nader aan die “kontantlose samelewing”. Op ‘n stadium gaan iemand wakkerskrik en tegnologie inspan. Die groot rekenaar in Brussels gaan net op jou selfoon vertoon “Transaksie kan nie gemagtig word nie” en dan is ons renosters ook veilig.

estie van wyk ·

Goeie middag is daar n manier om die name te bekom. die rede hoekom ek vra die eenman lyk half bekend vir my, ek is al 11 jaar opsoek na my broer en die een persoon lyk soos hy.

Justa ·

Ek hoop hulle vrot in in die tronk. Van die bokke is dood agv stres. Klomp “hooligans”.

Takkie Takuuza ·

Laat hulle vrot in die tronk ensovoorts…….Dis ander mense se kinders waaroor julle so oordeel en dit oor swart-witpense? Daar word daagliks duisende diere doodgemaak in Suid Afrika, van hoenders tot Leeus, en julle kies hierdie om mense tot in die hel te verdoem. Regtig?
Ek praat geen skelmstreke goed nie, maar om mense so te veroordeel maak wat van jou? Vlekkeloos en sonder sonde? Nou gooi dan daai klip.
Hier bestaan ook heelwat mistastings oor bewaring en om Garry Player se perde daarmee te vergelyk is snert, die goed hardloop nie reisies om geld te verdien nie. Mens kan nie aanhou bewaar sonder om uit te dun nie en jag dien sy doel. As jy dit verfoeilik vind, dan respekteer ek jou opinie.

Lorraine du Plessis ·

Geldmaak is een ding. Om diere te mishandel is n ander storie. Hoe kan enige normale mens dit nie begryp nie? Hoekom smokkel? Hoekom nie die diere koop en dan met hulle teel nie?Hoekom onskuldige diere blootstel aan mishandeling en onnodige stres?
Al julle sg sterkmanne beter vinnig wakker word. Indien julle dink dis cool om te jag , slag en te verniel; dink weer. Julle is lafaards. Susan is reg. SLUIT HULLE TOE EN GOOI DIE SLEUTEL WEG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.