Ses slaan toe op nóg ʼn Vrystaat-plaas

Argieffoto

Ses gewapende mans het Maandagoggend ʼn bejaarde egpaar, onderskeidelik 80 en 85 jaar oud, op hul plaas in die Odendaalsrus-omgewing in die Vrystaat aangeval en beroof.

Dit was die sesde aanval op ʼn plaas of kleinhoewe sedert Saterdag.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder vir die Vrystaat, het aan Maroela Media gesê die verdagtes het ʼn venster gebreek om toegang tot die egpaar se huis te kry.

“Die man is met ʼn onbekende voorwerp op sy bors geslaan. Sy vrou is ongedeerd gelaat,” het Thakeng gesê. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Die huis is geplunder en die egpaar se honde is ook vergiftig.

Die verdagtes het met hul buit in die egpaar se grys Mercedes Benz, met die registrasienommer BYN 577 FS, op die vlug geslaan en is steeds op vrye voet. ʼn Volskaalse soektog is na die verdagtes van stapel gestuur.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan of wat die motor opmerk, word versoek om kapt. Human van die Odendaalsrus-speurtak by 057 916 2400 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Dié aanval was een van talle die afgelope drie dae. Die ander aanvalle was Sondagoggend in Bothaville in die Vrystaat, Saterdagaand in die Swartruggens-omgewing in Noordwes, Saterdagaand in Muldersdrift in Gauteng, Saterdag in die Witrivier-omgewing in Mpumalanga en nog een Saterdagaand op ʼn kleinhoewe buite Centurion toe ʼn man tydens ʼn aanval doodgeskiet is toe hy sy bure wou help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

PJC ·

Ai die arme oumensies. Dit is bitter moeilik om aan te pas in die nuwe SA. Hulle is nie gewoond om agter slot en grendel te leef nie.

Eish ·

Wee hierdie Psalm 37 land waar die oue van dae nie gerespekteer word nie, maar soos n vrothout uitgekap en ontwortel word.
85 en 80, absoluut ” Sitting ducks!”
Bothaville het volgens die streekskoerant ook n plaasaanval gehad.

Yolande ·

Net huisroof? Wat van opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Ou mense wat geen verweer het nie en wreed aangeval word. Hoeveel nog? Maar dis darem net huisroof afterall, niks ernstig nie……

Vryheid ·

Daar is geen wil by die polisie en nog minder by die regering om iets te doen nie. Ons bly maar gewapen want niemand voel iets vir die boere nie, ons is mos die vyand maar op die plaas sal dit jou lewe kos as jy betree. Dit het ongelukkig te ver gegaan daar is nie genade vir n inbreker nie.

Lorette ·

Wat maak mens as jy nie ‘n wapen het nie? Ons is mos eers ontwapen! Ek voel so jammer vir ons mense. Ons kan nie eens meer alleen dorp/winkel toe gaan nie. Ek kan myself nie verdedig nie, so ek ry kantoor toe en terug en bly verder by die huis. Mens raak so eensaam en afgestomp, maar kan nie anders nie. Ek sorg wel dat my motor gesluit is, vensters toe is en is bedag op wat rondom my aangaan. Sien daagliks mense wat nog met oop vensters ry! Kan nie eens my ouers se grafte besoek nie, want dit is nie veilig nie!

Alida ·

Dit is tragies. Ons het baie raad vir ou mense maar ons ken nie die omstandighede nie. Mense wil bly waar hulle wil.

Gideon ·

Klink amper soos n fyn beplande operasie…..soos siener Van Rensburg verwys het na die spikkels bloed regoor die punt van Afrika….laat mens dink

Chilli ·

Ons kan net bid wat anders aai tog, my hart skeur oor al hierdie dinge wat gebeur

NewSA ·

Ses GEWAPENDE mans = GEWAPENDE roof.!!!
Hoe roof jy ‘n huis, met die inwoners binne, sonder wapens? “Ag sit gou daar in die hoekie ons het net gekom vir jou selfoon en tv” so iets? Wonder wat gebeur by besighede in die dorp/stad? Restaurantroof? Kaffeeroof?
Wie het in elk geval die term ‘huisroof’ uitgedink?

Ziska Brits ·

Dis hartseer datons altyd moet se “gelukkig…bla bla bla…” Dis ons REG om veilig te wees!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.