Ses sterf, 30 vas in skietery tussen polisie, onwettige myners  

(Argieffoto: Kent Williamson)

Wetstoepassers het Woensdagaand 35 onwettige mynwerkers in die Orkney-omgewing in Noordwes in hegtenis geneem, terwyl ses ander in ʼn skietery met die polisie dood is.

Die inhegtenisnemings volg nadat ʼn groep van sowat 300 onwettige mynwerkers, oftewel zama-zamas, eers op veiligheidsbeamptes en later die polisie losgebrand het, glo in pogings om te verseker dat kospakkies by ander ondergrondse mynwerkers uitkom.

Die gebeure het ontvou nadat ʼn spesialiseenheid, wat gestig is om onwettige mynbedrywighede hok te slaan, verlede week besluit het om die ventilasieskag wat die zama-zamas gebruik om toegang tot ander skagte te verkry, te sluit.

“As gevolg hiervan kon geen kos of water aan ander zama-zamas ondergronds voorsien word nie,” sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder.

“Sommige zama-zamas het Saterdag plofstof gebruik om ʼn gat in die skag te maak sodat hulle kon uitkom.”

Mokgwabone sê meer as 500 van die onwettige mynwerkers het Sondag reeds deur dié gat ontsnap, waar paramedici en die polisie hulle ingewag het.

Dit is nie duidelik of die polisie Sondag enige inhegtenisnemings gemaak het nie.

Nóg mynwerkers het egter Woensdag uit die skag gekom, waarna die oor-en-weer-skietery uitgebreek het.

Volgens Mokgwabone is vier liggame ná die voorval by die mynskag aangetref, terwyl nog ʼn liggaam in die bosse naby die Kanana-plakkerskamp gevind is.

ʼn Sesde liggaam is sowat 800 m van die toneel aangetref.

“Verskeie kospakkies en vuurwapens is ook op die toneel gevind.”

Die verdagtes is tans in aanhouding en klagte van onder meer poging tot moord, opsetlike saakbeskadiging en sameswering om ʼn misdaad te pleeg staar hulle in die gesig.

Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn terwyl die Valke die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Bepaal eerstens aan wie die onwettige metale/grondstowwe verkoop word en trek hulle vas.

Misky ·

Dis onwettige mynwerkers – wat is so moeilik? 500 van hulle peul uit gate vanuit die grond en die polisie staan seker en bekyk die spul terwyl hulle dit ‘monitor’……. Sulke dae dat ek ons oud polisiemanne met die geel waens mis. Hulle het geweet hoe om sekere situasies te hanteer.

Pim die Skim ·

Die nee duime kom seker van mense wat of deel van die soustrein is of liberalisties gestremd is!

Sarel ·

Dit is werklik onmenslik om.mense basies te begrawe om hulle tr dwing lm uit tekom..
Is daar geen akternatiewe metode nie.

Karlahari ·

Miskien gas inpomp?
2 pragtige jongmense is deur die zama zamas vermoor nadat hulle voertuig gebreek het. Was dit menslik?
Opposisie myners word vermoor en langs die pad gelos. Is dit menslik?

Baardman ·

Wat dra hulle by tot die land se ekonomie of die gemeenskap, behalwe MISDAAD

Swerwer ·

Hoeveel van die onwettige mynwerkers is immigrante/onwettige immigrante en waar kry hul vuurwapens? Geluk aan die SAP lede wat die arrestasies uitgevoer het. Vir die 6 wat dood is gaan daar nou seker weer ‘n onlus orgie gehou word.

marius ·

Wat betaal hierdie onwettiges die korruptes om ander pad te kyk . Miljoene !

Casper ·

90% van hulle is onwettige immigrante van Lesotho, MosambiekSwaziland en Zimbabwe.Die plofstof kom van Zimbabwe af en mynpersoneel hier verkoop dit aan die klomp gemors..Plaas die tonnels ineenstort.

DEON ·

S.A. moet meer tronke begin bou en die regering en munisipaliteite se partytjies en oggend etes op sy sit.

Di ·

Almal seker onwettig in die land – Our brothers word mos met OOP arms verwelkom in die land van melk en heining. Almal stroom SA toe van oral af, die regering is te besig om korrupsie te pleeg as om hulle hieroor te bekommer. Dis waar al die kriminele dade ook begin by hierdie klomp. Kyk hoeveel onskuldige motorsite wat lang die pad gaan staan het is al deur hierdie Zama Zamas aangeval. Publiek word net gewaarsku om versigtig te wees, geen poging word aangewend om van die PROBLEEM onstlae te raak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.