Ses persone, insluitend die busbestuurder, is Sondag dood tydens ʼn ongeluk op die R81 in Limpopo.
Die bus was met partylede en ondersteuners op pad na ʼn ANC-byeenkoms in Mohlabaneng. Die ongeluk het in Ga-Sekgopo plaasgevind. Polisiebeamptes is reeds ontplooi om die oorledenes se families in kennis te stel.
Die beseerde passasiers is na verskeie hospitale in die gebied geneem vir verdere behandeling.
Namane Dickson Masemola, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het sy innige meegevoel met die families betuig. Hy het van die beseerde persone in die hospitaal besoek en hulle, en die ander beseerde persone, spoedige beterskap toegewens.
Die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk duur voort.
Um, kyk bietjie daai bande – is dit net ek of lyk daai bus nie padvaardig nie?
Padreels bestaan mos nie in SA nie, nou hoekom is mense geskok oor psdsterftes?
En so begin die Anc se busse omval,