Ses sterf in fratsongeluk by vlootbasis

Argieffoto

Argieffoto

Ses persone is Vrydagoggend dood ná ʼn fratsongeluk by die vlootbasis in Bayhead, Durban.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die SANW, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 11:30 plaasgevind. “Drie kontrakteurs van die departement openbare werke het in ʼn rioolput gewerk toe ʼn gaslekkasie begin het,” het Mgobozi verduidelik. “Hulle het om hulp geroep en drie lede van die SA Vloot het hulle te hulp gesnel. Al ses persone het egter omgekom weens die inaseming van die gas.”

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici by die toneel opgedaag het, het reddingspanne reeds die ses persone se liggame uit die put gehaal. “Paramedici het hulle ondersoek, maar hulle kon ongelukkig niks verder vir die persone doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Garrith Jamieson woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 11:40 na die toneel ontbied. Hy het ook bevestig ses persone is op die toneel dood. “Minstens 26 persone het geringe beserings opgedoen en hulle is op die toneel behandel voor hulle na hospitale geneem is vir verdere behandeling.”

Mgobozi het gesê die SANW is besig om met die families van die slagoffers kontak te maak en die name van die oorledenes sal eers daarna bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oosie ·

GESKOOLDE arbeid of sommer net weer ‘n joppie van die kantlyn af? Vooraf beplanning…?

julius ·

Metaan gas is baie gevaarlik en hoogs vlambaar. Dieselfde as handigas wat ons in huise gebruik. Dieselfde voorval het ‘n paar jaar gelede gebeur en die wat hulle wou red is ook oorval deur gas.

Jakkals ·

Sien nou op news 24 bewerings dat die oorsaak van dood metaan gas is, volgens,my,kennis,strek is metaan gas nie dodelik nie..

Ne ·

Jou kennis is dan swak. Metaangas is dieselfde gas waarin Sol Plaatjies se werkers dood is. Al het jy ñ “gastester” by jou het jy letterlik sekondes. Seker een van die gevaarlikste gasse wat jy kan kry en vlambaar.

Johan le grange ·

Metaan gas is glad nie giftig nie . Dis hoogs ontplof baar ja . Tussen 0 en 5 % brand dit . Tussen 8 en 12 % is dit utters gevaarlik ontplof baar maar bo 16 % ver plaas dit suurstof so jy vermoor. Co of carbon monoxide is dodelik giftig en kom in putte voor ver al by die af breek van riool

dirk ·

Dit klink of hulle ‘n gaspyp raakgeboor het. verskriklik. Dit laat mens wonder oor die dienste in die grond. Sou hulle bewus wees van gaslyne wat hulle moes kruis ? Dit is veronderstel om gedokumenteer te wees

Mynwerker ·

Soos deur Ne aangehaal is metaangas uiters gevaarlik en die regte hoeveelheid per volume kan soos ‘n bom ontplof. Riool en metaangas ‘loop’ saam. In beperkte ruimtes soos in ‘n rioolput moet daar versigtig te werk gegaan word. Ja, daar kan getoets word vir metaan.

Herman luyt ·

metaangas is ontplofbaar tussen 5%-14% en daarna versmoor jy asg van te min suurstof ruukloos en kleurloos die mynbedryf het goeie kennis van dit .

Ouman ·

As ek reg onthou het iets soortgelyks baie jare gelede tydens die grensoorlog in Namibia gebeur. 3 Soldate wat 3 werkers wou red uit ‘n rioolstelsel is saam met die werkers dood.

Jaco Grobler ·

Soos Johan daar sê dit verplaas die suurstof in ‘n beperte spasie en jy versmoor, met die regte toerusting en prosedures gebeur so iets nie, waaiers binne in die werksarea, en veiligheidsman met suurstof masker OP wat deurlopend lug kwaliteit monitor… Iemand gaan voor die regsbank staan, hartseer vir die ouens en hulle gesinne wat maar net hulle werk wou doen.

Sienersekind ·

Riool en ander vrot goed veroorsaak Waterstof Sulfied/Hydrogen Sulphide n uiters dodelike gas wat Cytochrome Oxidase afsny en jou dadelik doodmaak en hulle behoort daarvan te geweet het! Hoe kan hulle troepe laat werk sonder maskers in so n situasie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.