Ses sterf in Germiston-ongeluk

Foto: Ekurhuleni-rampbestuur via ANA

Ses persone, insluitend twee kinders, is Vrydag oorlede in ʼn ongeluk op die M2, net voor die Geldenhuys-wisselaar in Germiston, Gauteng.

Die Ekurhuleni-rampbestuurdiens het gesê sy reddingspan van Germiston Sentraal-brandweer is omstreeks 20:45 na die ongelukstoneel ontbied. “ʼn Minibustaxi met 19 persone het die metaalversperring op die snelweg getref. Een persoon is tydens die impak uit die voertuig geslinger.”

Paramedici het ses persone op die toneel dood verklaar, insluitend die taxibestuurder en twee minderjarige kinders. Nog twee persone het kritieke beserings opgedoen en nege het ernstige beserings opgedoen.

Die beseerde persone is na verskeie hospitale in die gebied geneem. Die polisie ondersoek die noodlottige ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sitplek ·

Sitplek vir 14/15 persone? Nuwe Quantum het sitplek vir 18. Oorlaai? Spoed? Ry-soos-ons-wil?

koos ·

Jammer dat onskuldige mense saam met ill-disciplined taxi bestuurders moet sterf.

stefan ·

Die polisie moet intree oor die oorlaaiding van die taxi’s. Hoeveel onskuldige mense het al hulle lewens verloor.

Chris Ws ·

Stefan,hier is geen wetstoepassing op ons buite stedelike paaie nie.In dorpe word wel nou en dan (meer ”dan” as ”nou”!) blokkades gehou om lisensie en uitstaande boetes te bekyk.Maar mens kan ‘n paar honderd km op die oop pad ry en GEEN wetstoepassers teenkom nie.Die minister van vervoer wie hy/sy ookal is,het geen beheer nie en ongelukke wat verhoed kon word gaan net vermeerder.Kyk of ek verkeerd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.