Ses sterf in gru-botsing buite Rustenburg

Rustenburg ongeluk

Reddingswerkers op die toneel. Foto: ER24

Minstens ses mense is dood en vier kritiek beseer in ʼn botsing Donderdagmiddag op die N4-snelweg buite Rustenburg in Noordwes.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het ʼn 26-sitplek-bussie en ʼn vragmotor mekaar reg van voor getref.

“Paramedici van verskeie nooddienste is omstreek 17:30 na die toneel ontbied. Die slagoffers het verspreid oor die pad gelê,” het Vermaak gesê.

Hy het gesê die ses mense was reeds dood toe hulle paramedici by die toneel opgedaag het.

“Vier mense, onder wie ʼn agtjarige kind, het kritieke beserings opgedoen. Drie mediese helikopters is ontbied om die pasiënte na nabygeleë hospitale te neem.”

Van die mense was in die bussie vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

n4-2

Minstens ses mense is dood en vier kritiek beseer in ʼn botsing Donderdagmiddag op die N4-snelweg buite Rustenburg in Noordwes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gis ·

Kom ons gis: Snelweg=eenrigtingverkeer met ten minste twee bane.
Botsing=verloor beheer (spoed?) en land in baan van aankomende verkeer.
Resultaat=skokkend!!

Chaparel ·

Dis erg, dit kan van alles wees wat die ongeluk veroorsaak het o.a vermoeidheid , nie jou aandag op die pad hou nie of uitswenk vir iets op die pad.

Johan ·

Ek bly in Rustenburg en dit is omdat hier geen wet toepassing of wetsgehoorsaamheid in hierdie dorp is nie. Almal ry asof hulle besete is in hierdie dorp en dink die pad behoort net aan hom, maar gebeur so ‘n ongeluk wil almal hulle doodhuil maar as dit kom by kanse vat op die pad staan hulle heel voor in die ry.

zelda ·

Ek stem,baie mense is kans vatters dan moet onskuldige mense en selfs kinders sterf agv een verkeerde keuse.

Robert ·

Ek ry die N4 daagliks, dis nie heelpad dubbelbaan nie. Bussies soos daai en baie ander luukse tipe voertuie probeer oor jou en deur jou ry ten alle koste. Mens gee graag pad na links om hulle te akkommodeer, maar met spitstyd is dit reeds lang rye voertuie wat stuk stuk n trok moet verbygaan, maar hierdie mense wat agter in die ry aansluit glo hulle betaal heeltemal teveel belasting en lisensiegelde en hoef nie hul beurt af te wag nie en slinger dan in die aankomende baan in en “glo” almal gaan dadelik uit die pad spring vir hulle.

Allak ·

Ek ry daardie pad ( N 4) nie baie nie. Die laaste 2 keer wat ek die pad gery het Rustenburg toe het ek die ondervinding gehad dat drie swaar voertuie langs mekaar probeer verby gaan en nie omgee dat hulle in aankomende verkeer se baan ry nie. Ek moes van die pad aftrek om n ongeluk te vermy;

joe ·

Hulle steek mos verby op blinde hoogtes en sper strepe. Eish maweeee!!!!

Hennie ·

Altyd reg van voor. Is dit so moeilik om te verstaan dat jy in ‘n ander kar se pad mag wees as jy aan die verkeerde kant van die pad is?

Amurray ·

Ek ry self 2 keer n week daardie pad.dit is vreeslik hoe min respek mense vir ander se lewens het.ek moes self al n paar keer my storie ken om te verhoed dat ons in n ongeluk betrokke is,die mense moet net n bietjie chill .

Yolanda Maritz ·

Soos gewoonlik het di bus weer ‘n u-draai gemaak. Daar is mense wat dit gesien het.

Ilse ·

Dit was volgens my pa vreeslik erg. Hy was oppad huis toe op die selfde pad het reg voor hom gebeur en moet uit swaai of hy was saam in die ongeluk en ook amper oor die mense in die pad gery. Hy sê hy nog nooit so iets beleef en het al baie gesien.

Mariska ·

2de dag wéér vragmotor en n voertuig … wéér Rustenburg … ek verontskuldig niemand maar ry ook daardie pad meer as wat my moed my toelaat

Eugene ·

Ons het die ongeluk gesien gebeur die bussie het n “u” draai gemaak voor die trok in my werkers het by die brug op gedraai net voordie ongeluk .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.