Ses sterf in gru-botsing op N1

Die motor het omgeslaan ná die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het [Foto: Verskaf]

Sewe mense is dood en 14 ernstig beseer toe ʼn oorvol Nissan-paneelwa Donderdag op die N1 buite Musina in Vhembe, Limpopo, omgeslaan het. Die bestuurder het na wat verneem word beheer oor die voertuig verloor.

Volgens Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, is die bestuurder en vyf passasiers op die toneel dood verklaar. Altesaam 14 ander passasiers is ernstig beseer en per ambulans na die Musina-hospitaal gehaas.

“Roekelose bestuur word as die oorsaak van die ongeluk ondersoek,” sê Maringa.

Dieselfde dag is nóg ʼn ongeluk in dieselfde omgewing aangemeld wat die lewe van twee mense geëis het.

ʼn Nissan-paneelwa het reg van voor teen ʼn Audi-sedan gebots. Albei bestuurders is op slag dood. Twee passasiers van die laaiwa het ongedeerd van die ongeluk afgekom.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer in Limpopo, is bekommerd dat mense steeds verkeersreëls verontagsaam ondanks die toename in noodlottige ongelukke die afgelope paar weke.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Dinsdag bekendgemaak dat altesaam 1 685 mense tydens die afgelope feestyd op die land se paaie omgekom het. Dit is ʼn 14%-styging in sterftes op ʼn jaar-tot-jaar-grondslag.

Die hoofoorsake van die padsterftes in hierdie tydperk was ryloop, nat of gladde padoppervlakke, verbysteek op sperstrepe en swak sigbaarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Vettiemaragartos ·

Onse liewe minister “Skree op ons” vergeet gerieflikheidsonthalwe van al die dronkbestuurders en die gekoopte lisensies. Ongelukkig het mense nie meer respek vir hulself nie, so dan kan hul ook nie respek vir ander hê nie. Verkeersligte en padreëls geld net vir ‘n klein groepie van ons bevolking.

Hennie ·

Ons geagte minister wat altyd se dat mense hulle voertuie in n padwaardige toestand kry moet eerder sorg dat die paaie van Suid-Afrika “pothole free” word dan sal daar ook minder ongelukke en skade aan voertuie wees, met minder mense verlies!!!!!!!!

Kokerboom ·

Waar is konsekwente toepassing van verkeersreels en voertuiginspeksie deur verkeersowerhede?
Doen jou werk Minister en hou op twak praat

007 ·

Wat is ‘n laaiwa? Ek ken net ‘n paneelwa! Kan iemand my dalk reghelp asb.

Megan Swart ·

Dagsê Rooivalk
Dankie vir jou boodskap.
‘Laaiwa’ is ʼn nuutskepping van ‘paneelwa’ en albei woorde is dus aanvaarbaar. Ons het egter die berig gewysig om enige verwarring te voorkom.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Surfer ·

Dis n Nissan Paneelwa waarin jy 30 mense in laai, dan verander dit in n “Laaiwa” wat oorlaai is.

Anel ·

George, hoe lekker lag ek nou. Maar jou beskrywing is 100% reg.

Allop ·

As ek na sommige bestuurders op veral plattelandse paaie kyk lyk dit of hulle nie die padreels ken nie of blatant oortree

Faraway ·

Met afgryse lees ons dit byna elke dag . . . maar waar lê die oplossing?
Ek ry elke dag N1 en dis met groot spanning want ek merk dat ander voertuie gevaarlik naby aan my linkerkant ry en ook verbykom!!!
So ook die afstand tussen mekaar word n grap want ek voel soms ek is die eniste een wat afstand soek en probeer hou met voertuie voor my!!!
Waarom verloor mense beheer oor n voertuig – in meeste gevalle dalk oor spoed????

Wielspore ·

Daar het gedurende die feestyd meer mense op die paaie gesterf as wat daar mense aan Covid oorlede is. Ek weet nie van ‘n nood toestand rakende padgebruikers.
The games people play!

Pieter9 ·

Dit is hoe hulle bestuur in Limpopo; meer as die hlefte van bestuurslisensies in Limpopo is op bedrieglike wyse bekom – in Limpopo op die N1 steur bestuurders hulle nie aan padreels nie – daar sal ‘n beton ‘middelman’ muur opgerig moet word – so behoort hulle minder aankomende verkeer te affekteer.

Thelsa ·

As die verkeersowerhede net wil besluit om wetgewing toe te pas in plaas daarvan om langs snelweë te staan en ‘bribes’ van vragmotors te neem, mag dinge dalk verbeter.

mattk ·

….. en Fakilewil nog steeds Aarto afdwing, ongeag wat die hof sê. Ek wonder selfs of hynñ lisensie hetz want dit is duidelik hy weet niks van verkeerswetgewing nie. Wonder net hoeveel oortreders wat voorgekeer word, word werklik beboet en hoeveel korrupsie vind plaas…. kyk bietjie namdie verkeersbeamptes se dubbelverdieping huise en hul privaat voertuie. Geen wonder daar is so baie ongelukke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.