Ses sterf in gru-botsing op N1

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Ses mense is Saterdagoggend dood in ʼn gru-botsing op die N1 Suid naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo.

Joshua Kwapa, woordvoerder van die provinsiale vervoerdepartement, het aan Maroela Media gesê ʼn motor het omstreeks 09:45 glo vir ʼn voorwerp in die pad uitgeswaai en reg van voor teen ʼn ander motor in die aankomende baan gebots. Ses mense is op die toneel dood en twee is beseer.

“Een baan van die N1 is steeds afgesper, terwyl die toneel opgeruim word. Die verkeer kan tans verby die ongelukstoneel beweeg, maar die verkeersvloei verloop stadig. Ons vra dat motoriste asseblief geduldig sal wees, omdat dit ʼn rukkie neem om die toneel heeltemal op te ruim,” het Kwapa gesê.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorsaak van die botsing was ʼn bus wat weens ʼn meganiese fout heen en weer in die middel van die pad gery het. Volgens Ngoepe het die twee voertuie, ʼn Mercedes-Benz en ʼn VW Polo, die bus probeer vermy en toe trompop teen mekaar gebots.

Drie van die vyf insittendes in die Mercedes is op slag dood, terwyl die ander twee ernstig beseer is. Al drie insittendes in die Polo is op slag dood, het hy gesê.

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

“Die drie oorledenes van die Mercedes is nog nie geïdentifiseer nie, maar is almal vermoedelik in hul 40’s. Die oorledenes in die Polo is reeds geïdentifiseer en is onderskeidelik 45 en 61 jaar oud. Hul name sal bekendgemaak word sodra hul naasbestaandes ingelig is,” het Ngoepe gesê.

“Ons sukkel om die identiteit van die ander drie oorledenes vas te stel. Ons het verskeie nommers van kontakpersone op hul selfone opgespoor, maar ongelukkig sit die persone aan die ander kant elke keer die telefoon neer, hoewel ons onsself as polisiebeamptes identifiseer,” het hy gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die identiteit van die oorledenes word gevra om kapt. Mape Modiba by 082 443 8911 te bel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christo

Se my nou, het hulle uit geswaai vir voorwerp of die bus, dis baie confusing.

buks

Ek bewe al om net te dink ek moet daardie pad ry net voor kersfees. Ek gebruik die N1 om Pta toe en terug te ry. Elke keer is dit n wonderwerk om veilig terug te wees op Makhado. Onthou net my motor het nie lugsakke nie geen versekering nie. Ek gaan alles na op my motor voor ek n lang pad vat. Voldoen aan al die standaarde vir pad veiligheid. My veiligheidsgordel kan my nie teen alles beskerm nie. Ek voel weerloos teen die groot swart blink voertuie wat nie kan lees of dink nie. Verf op die padoppervlakte… Lees meer »

Eend

Klink vir my asof die mercedes insittendes haastig op vlug van misdaadbedrywighede was.

Kobus

CQ…..Vra ek ook….afleidings sonder bewyse kan n mens suur bekom….

Vra net.

Wanneer wil die regering na die pad kyk. Dit is wel baie mooi omgewing, maar hopeloos se te smal om ‘n snelweg genoem te word. Dit is verby senutergend met die dat daar nie ‘n middelman is nie. WORD WAKKER EN DOEN ASB IETS.