Ses sterf in gru-botsing op N1

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Ses mense is Saterdagoggend dood in ʼn gru-botsing op die N1 Suid naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo.

Joshua Kwapa, woordvoerder van die provinsiale vervoerdepartement, het aan Maroela Media gesê ʼn motor het omstreeks 09:45 glo vir ʼn voorwerp in die pad uitgeswaai en reg van voor teen ʼn ander motor in die aankomende baan gebots. Ses mense is op die toneel dood en twee is beseer.

“Een baan van die N1 is steeds afgesper, terwyl die toneel opgeruim word. Die verkeer kan tans verby die ongelukstoneel beweeg, maar die verkeersvloei verloop stadig. Ons vra dat motoriste asseblief geduldig sal wees, omdat dit ʼn rukkie neem om die toneel heeltemal op te ruim,” het Kwapa gesê.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorsaak van die botsing was ʼn bus wat weens ʼn meganiese fout heen en weer in die middel van die pad gery het. Volgens Ngoepe het die twee voertuie, ʼn Mercedes-Benz en ʼn VW Polo, die bus probeer vermy en toe trompop teen mekaar gebots.

Drie van die vyf insittendes in die Mercedes is op slag dood, terwyl die ander twee ernstig beseer is. Al drie insittendes in die Polo is op slag dood, het hy gesê.

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: Facebook

“Die drie oorledenes van die Mercedes is nog nie geïdentifiseer nie, maar is almal vermoedelik in hul 40’s. Die oorledenes in die Polo is reeds geïdentifiseer en is onderskeidelik 45 en 61 jaar oud. Hul name sal bekendgemaak word sodra hul naasbestaandes ingelig is,” het Ngoepe gesê.

“Ons sukkel om die identiteit van die ander drie oorledenes vas te stel. Ons het verskeie nommers van kontakpersone op hul selfone opgespoor, maar ongelukkig sit die persone aan die ander kant elke keer die telefoon neer, hoewel ons onsself as polisiebeamptes identifiseer,” het hy gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die identiteit van die oorledenes word gevra om kapt. Mape Modiba by 082 443 8911 te bel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Christo ·

Se my nou, het hulle uit geswaai vir voorwerp of die bus, dis baie confusing.

Belicia ·

My pa het uit geswaai vir n bus wat sy props haft verloor het, baie padvaardig… Hy is dood, my stiefma en sy beste vriend. En nee hy het nie gedrink nie, hy het menigde advanced driving courses sertifikate omdat hy vir n sekuriteits maatdkappy gewerk het en hy het probeer voor kom wat gebeur het. Dit is dit. Hy was 41, sy 43 en hulle vriend ook in sy 40’s.

Wessel ·

Dit is tragies Belicia. Baie sterkte vir julle in die tyd wat voorlê

Eend ·

Baie jammer Belicia, ek dink aan julle. Verskoon asseblief my kommentaar vroeer, ek het die polo bedoel, nie die mercides nie. Eks regtig baie jammer en ek wens ek kon die land reg maak, wetstoepassing laat gebeur, onpadwaardigheid vasvat.

Eend ·

Ek het alweer die berig en kommentare verkeerd verstaan, jammer, dis ook nie die polo nie, ek verstaan nie die berig nie en moes in eerste plek nie kommentaar gelewer het nie. Ek raak net baie ontsteld as dit by ongelukke kom want het al te veel gevolge van busse se nalatigheid gesien, en het nie behoorlik gelees nie.

buks ·

Ek bewe al om net te dink ek moet daardie pad ry net voor kersfees. Ek gebruik die N1 om Pta toe en terug te ry. Elke keer is dit n wonderwerk om veilig terug te wees op Makhado. Onthou net my motor het nie lugsakke nie geen versekering nie. Ek gaan alles na op my motor voor ek n lang pad vat. Voldoen aan al die standaarde vir pad veiligheid. My veiligheidsgordel kan my nie teen alles beskerm nie. Ek voel weerloos teen die groot swart blink voertuie wat nie kan lees of dink nie. Verf op die padoppervlakte en verkeerstekens word deur drywers verontagsaam. Daar is te veel drywers op die pad en te min bestuurders.

Eend ·

Klink vir my asof die mercedes insittendes haastig op vlug van misdaadbedrywighede was.

Amalia ·

Jy noem jouself nie verniet “eend” nie, Hy maak sy bek groot oop vir enige ding!

Ouman ·

Eend jy is duidelik verward. Lees wat Belicia se en dan vra jy behoorlik verskoning.

Ouman ·

Eend jy is duidelik verward. Lees wat Belicia se en dan vra jy behoorlik verskoning. Innige simpatie aan die naasbestaandes.

Eend ·

Ek is baie jammer, ek het bedoel dit klink asof die Polo se mense op die vlug was, het die karre se name in my dommigheid verkeerd gehad. Ek sien daagliks hoe mense jaag op paaie en verkeersmense doen niks. As iets op die pad gebeur is daar soms nog kans om uit te swaai, maar as een gek jaag, soos ek raai die polo gedoen het aangesien dit voorkom asof hulle kontakte die polisie vermy, dan gee dit nie kans om uit te swaai nie.

Kobus ·

CQ…..Vra ek ook….afleidings sonder bewyse kan n mens suur bekom….

Miemie ·

Kobus dit het by my ook opgekom, omdat hulle se dat die persone wat gekontak word die foon neersit as die polisie beampte se dit is hulle, maar ook mens mag nie wilde aantuigings maak nie. My meegevoel gaan uit na al die families en hulle vriende. Belicia ek bid vir julle as gesin vir vertroosting.

Vra net. ·

Wanneer wil die regering na die pad kyk. Dit is wel baie mooi omgewing, maar hopeloos se te smal om ‘n snelweg genoem te word. Dit is verby senutergend met die dat daar nie ‘n middelman is nie. WORD WAKKER EN DOEN ASB IETS.

Genoeg ·

Goeie genugtig Eend, hoe kom jy by dié een uit? Belicia het dan so pas verduidelik wat gebeur het. Moet mense altyd die slegste en lelike in alles soek? Belicia, sterkte aan julle.

annetjie ·

My swaer tian van heerden was n eerlike man en hy het altyd ordendelik gery ek se dit nie om vir hom op te kom nie maar weet julle wat as ek maar sien hoe ry die taxi en busse en kom some op geel lyn verby mense kry jou vyte agter mekaar hy sal nie eens n dier seergemaak het nie danki los nou polo want hy is ni die skuldige een nie

Kiewiet ·

Dit tragies en dan is die veerkeers beamtes wat op die toneel was nog ongeskik

Hannelie ·

Belicia verskriklik jammer oor jou groot verlies. Mag jy vertroosting kry. Asook aan die families van die ander afgestorwenes.

snoefie ·

die berig se baie duidelik al die nommers van die oorledenes in die merc wat hulle sl gebel het, drum dood al se hulle dis die sapd. moenie net oordeel nie. lees die kommentaar so sorgvuldig soos die berig. innigste simpatie aan die families.

Christa van Heerden ·

Net vir die REKORD almal wat nie weet wat gebeur het nie mens kan nie oor n propshaft wat uit n bus voor jou Val ry nie!!!!! Die oorledene was my gewese man!! So hy kon!! Bestuur!!! So die wat oordeel hou julle monde as julle nie die waarheid Ken nie!! Daar is vannaand baie stukkende mensies Da buite agv onpadvaardige voertuie!!

Frikkie Gous ·

Christa, ek en my vrou is vriende van Marianne en Jerome. Ons innige simpatie met julle verlies en ons hou julle ook in ons gebede. Ons was vanaand saam met Marianne en die seuns om hulle te ondersteun. Sterkte aan jou en julle familie.

CHRISTA ·

Christa, my innige simpatie met jou en al die ander oorledenes se naasbestaandes. Mag ons liewe HERE julle elke dag in sy liefde toevou en julle vertroos. Ek het my man ook in September verloor, maar hy was baie oud en siek. Dit is BITTER SWAAR!!! Sterkte vir julle!!!

Chris ·

Almal vra die vrae of die voertuig padwaardig was, of die omstandighede gunstig was en of die omgewing/weer omstandhede goed was. Niemand vra of die bestuurder se vermoë hom/haar daartoe geleen het om die voertuig te bestuur nie. Voertuie is in elk geval padwaardig of nie. Dit is die bestuurder se besluit of die vermoë om die voertuig te bestuur. Hy/sy moet die besluit maak. As ek in ‘n onpadwaardige voertuig inklim het ek reeds die besluit gemaak of ek gaan moeilikheid optel of nie. Moenie enige ander omstandighede blameer indien daar iets fout gaan nie. Of jy ry te vinnig, inverskillig of het nie die basies pe vermoë om agter die stuur te sit nie. Eenvoudig soos dit.

An Grobler ·

Nie 1 van di 2 het gejaag of was gedrink nie die bus het oor die pad geslinger en beide het uitgeswaai vir die bus en kop aan kop gebots mens moet liewer stilbly as jy ni die feite ken nie my skoonsus se seun en sy meisie en vriend was in die polo gewees

Eend ·

Ek is regtig baie jammer, ook oor my fout en het verskoning gevra maar dit wys nie. Ek is moeg vir onpadwaardige busse. Ek het al met soveel busse geraas as ek by hulle verby ry maar natuurlik help dit niks. Ek het al klagtes ingedien by groot bus en vragmotor maatskappye maar hulle direkteure word nie verantwoordelik gehou nie. Ek stop gereeld by verkeersmense langs pad en rapporteer onverskillige busse en vragmotors maar daarvan kom niks. Ek raak nou baie moeg hiervoor.

Kophou ·

So het ek betyds in die nag ‘n donker voorwerp in die pad sien lê. Daar het ‘n voertuig van voor aangekom en ek het doodeenvoudig bo-oor dit gery. My spoed was 90 km/h en ek het met geringe skade weggekom . Dit was ‘n groot stuk buiteband van ‘n vragmotor. Hou maar kop en moenie sommer net uitswaai. Hierdie ongeluk toon ook dat daar van die dubbelbaan oorgeswaai is met die botsing in die enkelbaan van die aankomende verkeer. Sjoe, dit is hartseer!!
Gewoonlik is dit ‘n vereiste vir veiligheid dat daar ‘n staaf/stawe of plaat/plate aan die onderkant van die dryfas aangebring word om reeds te verhoed juis wat hier gebeur het sou die spul loskom/breek.
Sou daar aan die bus gewerk gewees het en hierdie voorsorgmaatreëls nie teruggeplaas?

Andrea ·

My innige simpatie aan die naasbestaandes. Dis n tragedie.
Ek is al vreesbevange om op die pad te gaan…onpadwaardige voertuie, trokketreine, taxi’s wat deur maniakke bestuur word, bestuurders wat geen padreël gehoorsaam nie, ens.

Mariana ·

Spoed het beslis hier ‘n rol gespeel, dit is so duidelik soos daglig. My innige simpatie met die families en vriende wat die Kers seisoen sonder hul geliefdes moet deurbring.

Wessel ·

Hoe kan jy die woord BESLIS gebruik? Moontlik sou beter wees. Die kans om lewendig uit n kop aan kop botsing te kom, selfs teen 60 km/ h, is baie skraal. Sou altwee voertuie teen 120km/ h beweeg het, verdubbel die momentum van die impak. Maw, dis dieselfde as om teen 240 km/ h in n stilstaande voorwerp vas te jaag. Kortom, moenie oordeel as jy nie die omstandighede ken nie

Louwrens ·

Tipies van ons Suid Afrikaners probeer ons altyd n tikkie humor in elke tragedie vind. Die twyfelagtige eer moet hierdie keer aan Eend gaan. Nog nooit het ek van een kommentator soveel afleidings gelees oor een berig, en elke keer vra dieselfde kommentator verskoning vir die uitgesproke mening op daardie berig.
Ons innige meegevoel aan al die naasbestaandes.

Kobus ·

Die hitte het Eend se waterpoel opgedroog…bietjie deurmekaar….maar Eend ek weet jy bedoel dit as jy verskoning vra….ek aanvaar dit….ekself sal ook nog my verskoning moet gee as ek verkeerd bewys word oor n vorige berig….maar dusver is ek nog uit die sop….sterkte

Catrien ·

Nou wonder ek hkm n ons n noodstop moes uitvoer as ons gaan vir lisensies?
What’s done is done .
Sterkte vir die families.

Maureen ·

Ons ry gereeld Malelane toe en elke keer sien ons mense wat hengse kanse vat en vêr oor die spoedgrens gaan. Dis baie hartseer oor die wat hulle lewens verloor omdat party reken dis hul reg om so onverskillig te be stuur.

Leon ·

Skuus as ek nou simpel klink maar net die twee voertuie word genoem. Indien so propshaft af gekom het, waar is die bus dan. Nerens word dit verder genoem nie. Sonder dit kon hy nie verder ry nie. Is die bestuurder daarvan nie verantwoordbaar nie. Vra maar net.

Penelope ·

Genade dit is ‘n lelike ongeluk. Baie sterkte aan die families. Mag God jul deur hierdie moeilike tyd dra.

Katryn ·

Baie sterkte aan al die families. Dis hartseer. Ekt ook my pa en stiefma verloor in motorongeluk 2jr terug. Bid vir julle. Dit maak my ook bang om te dink ek moet ook op die pad wees sjoe… oorlaaide voertuie onpadwaardig. Kan net die Here se beskerming vra. Sterkte vir julle almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.