Ses sterf in gru-botsing

Argieffoto: Netcare911

Argieffoto: Netcare911

Ses mense is Maandagoggend dood toe ʼn minibus-taxi en ʼn motor omstreeks 07:45 op Linwoodweg in Pietermaritzburg gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die toneel as ʼn “bloedbad” beskryf. Volgens Botha het die wrakke van die twee voertuie met paramedici se aankoms in die middel van die pad gestaan met wrakstukke was wyd verspreid gelê het.

“Van die beseerdes was steeds in die wrakke vasgekeer. By nadere ondersoek het paramedici gevind dat ses persone reeds aan hul veelvuldige beserings beswyk het. Nog sewe passasiers was in ʼn ernstige toestand, terwyl vier mense wonderbaarlik net geringe beserings opgedoen het,” het Botha gesê.

Die beseerdes is na verskillende hospitale in die omgewing geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tiger ·

Minibus taxis maak hul eie pad reels en het GEEN ontsag of respek vir enige ander voertuie op ons paaie nie.FEIT!

Se Net ·

Die dame wat vir ons werk het amper in daardie Taxi geklim maar die bestuurder het wou oorlaai. Sy het besluit om nie in die Taxi te ry nie. Die taxi was agter hulle die heel pad van sweetwaters af en 3 kinders is net voor die ongeluk afeglaai by die skool. Sy se dit bly dat hy beheer verloor het. Die taxi bestuurder van haar taxi het gese daardie taxi het nie remme nie. Die einaar by aankoms van die wrak en dooie ligame was net bekommerd oor sy voortuig en nie eens ag geslaan op die trauma om hom nie. Ek kan net weergee wat ek gehoor het en die fotos wat sy my gewys het. Nou hoop ek net die polisie doen n deeglike ondersoek op die voertuig. Hulle moes die taxi eienaar eintlik net daar to gesluit het aangesien hy nie na sy voertuig kyk nie. Daardie mense was op pad werk toe. Hulle is heel moontlik brood winners. Hulle familie dink seker hulle is veilig by die werk maar le dood iewers. Ek het eintlik nie woorde nie….

Bets Bothma ·

Ek is besig om op n rype ouderdom van 58 te leer vir my kode 10 lisensie en het met n skok agtergekom hoeveel verkeersreëls “geld net nie meer nie”,bv. voetgangers en diere op snelweë. Hoekom kan ander lande streng verkeersreëls toepas en SA kan nie? Wat maak dat Afrika-lande hul eie verkeersreëls het?

Joann ·

Hul voel vere. Jaag net van punt A na punt B sonder enige verkeersreels.

Rina Pretorius ·

ek ry gereeld tussen amersfoort en parys werk toe en huis toe, een van die mees gevaarlikste paaie wat ek ken is tussen volksrust oor standerton greylingstad na heidelberg JHB toe, die taxi eienaars gaan eenvoudig op blinde hoogtes verby asof daar geen aankomende verkeer is nie. daar is verkeersbeamptes maar hulle wag net totdat hulle verby die beamptes is dan ry hulle asof die hel agter hulle is. hulle is veronderstel om 100km p/u te ry maar die meeste van hulle ry 130+, selfs die 30 sitplek busse ook. So wat verwag ‘n mens,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.