Ses sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

Ses mense, onder wie vier skoolkinders, is Vrydagmiddag dood in ʼn gru-ongeluk naby Dalton in KwaZulu-Natal.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê twee minibustaxi’s het omstreeks 17:00 reg van voor teen mekaar gebots. Een van die voertuie is heeltemal uitmekaar geskeur, terwyl die tweede voertuig aan die brand geslaan het.

“Verskeie insittendes in die taxi’s is tydens die botsing uit die voertuie geslinger,” het Vermaak gesê. “Ses mense, van wie vier kinders tussen 13 en 15 jaar oud, het in die botsing gesterf. Sewe ander mense het kritieke beserings opgedoen, terwyl nog sewe mense ernstig beseer is.”

Volgens Vermaak het verskeie beseerdes beenfrakture opgedoen. Hy het gesê paramedici van verskillende ambulansdienste het onverpoos gewerk om die beseerdes op die toneel te stabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale in die gebied gehaas is.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ander Annie ·

Dit is so tragies. Vanaand is daar soveel ouers wat hartseer huil oor hulle kinders wat so tragies moes doodgaan. Wanneer gaan die taxis ophou om onskuldige mense se dood te veroorsaak? Innige simpatie aan al hierdie bedroefde families.

Ilse ·

Ongelukkig vir die taxi bedryf gaan dit nie oor veiligheid van die passasiers of om pad reëls te gehoorsaam nie. Time is money.

Alida ·

Wat is daar om te ondersoek? Die oorsaak is voor die handliggend. Spoed en moontlik oorlaai. So jammer vir die ouers.

Matilla ·

Nie noodwendig nie. Taxis het onverantwoordelike bestuurders wat kanse vat en verby steek sonder om aankomende voertuie in ag te neem.

Onnodig ·

Weereens ‘n trompop botsing a.g.v. ongeduld. Ja, dit kon ander redes ook gewees het. My voorstel is dat hierdie wrakke uitgestal moet word by taxi staanplekke. Dalk, net dalk kan dit ‘n invloed hé. Sterkte aan diegene betrokke.

Johan ·

Onnodig dit is ‘n goeie idee – die enigste probleem is dat die wrak vir “spare parts” gesloop sal word tot op die laaste skoefie.

Swartkat ·

Kyk mens na minibustaxi’s oor die hele land sien jy dat die bestuurders hulle nie steur aan padregulasies nie. Hulle ry soos hulle wil en doen net soos hulle wil , stop net waar hulle wil en eronies genoeg doen verkeer en wetstoepassers niks aan hulle nie. Hoeveel passasiers en ander pad gebruikers gaan nog hulle lewens verloor deur sulke onverantwoordelike en onbeskofte bestuurders op ons land se paaie wat net aan hulle self dink.

Stories ·

Die woord wat in ‘n taxibestuurder se woordeskat ontbreek is RESPEK. Verder het hul geen insig nie. En laastens skiet bestuursvernuf en verantwoordelikheid erg tekort. Sulke mense hoort op ‘n statiese kombuisstoel en nie agter ‘n stuurwiel nie.

Polisieman Ystervark ·

Ons kriminele regstelsel se wiele het afgekom. Die verkeerspolisie is ondoeltreffend en oneffektief. Daarom dat baie voertuigbestuurders hul eie padreëls maak, oor rooi verkeersligte jaag, op selfone tussen hul ore en skouers praat terwyl hulle bestuur. Hulle weet die kans is uiters skraal dat die verkeerspolisie, wat skitter in hul afwesigheid, hulle sal vastrap en effektief vervolg. En nou wil sommiges mense nog dagga ook rook en dan bestuur. Voorwaar ‘n verwarde Suid-Afrikaanse bevolking. Ons kry wat ons verdien.

Phillip. ·

Dagga het niks met die ongeluk te doen nie,Nog nooit van enige ongeluke gehoor van wat dagga die oorsaak is nie,Drank en on opgeleide bestuurders en swak wets toepassers ja maar dagg NEE.Moenie komentaar lewer as jy jou feite Ken nie asb.Baie dankie.My inige simpatie met die families en ouers ons dra jul op in ons gebede.

Ou Vlakvark ·

@ Philip. Lees weer Polisieman Ystervark se kommentaar. Hy het NIE stateer dat dagga iets met die ongeluk te doene het NIE. Ek waardeer elke dag my oud-Afrikaanse onderwyser wat klem op Afrikaanse begripstoetse gelê het.

Inez ·

Innige sympathie aan al die families wat mense verloor het.

Gelukkig is dit 2 taxis minder op die pad – vir wat dit werd is. Daar word geen statistieke meer gepubliseer oor die sterfte syfers op die paaie per jaar nie, maar ek dink dat taxibestuurders se dodetal eerder saam met ons moord-syfers gereken moet word!

Tiger ·

Taxi bestuurders het geen respek vir padreels,hulle passasiers of ander padgebruikers nie.Mens sien dit dagliks op ons paaie omdat daar GEEN wetstoepassing is nie.Om langs ‘n pad te staan en lisensies te kyk is nie wets toepassing nie.Dat die’ ongeluk nie meer lewens geeis het nie is net ‘n wonderwerk.Indien die’ taxibestuurders oorleef hoord die skuldige een van moord aangekla te word.

Realis ·

Wat doen die owerhede – NIKS, word taxis beheer – NEE, maak taxis nes hul wil – JA. Vorentoe sal ons nog van duisende van hierdie gevalle hoor, want daar is geen maatreels om die taxis te beheer nie. Meeste is onpadwaardig, hulle ry soos besetenes en het geen respek vir mede-padgebruikers nie. Die metropolisie doen NIKS en die slagting sal voortgaan. So werk Suid Afrika – ‘n land waar jy maak soos jy wil. Daar is “glo” wette, maar geen van die wette word uitgevoer en gereguleer nie.

Justice ·

Wat ek kan aflei van die een wrak is dit `n “skorro skorro” Toyota Hi Ace wat met die multi biljoen rand taxi herkapitaliserings program alreeds in 2007 uitgefaseer moes gewees het. Geen wonder dat die voertuig so uitmekaar gebreek het nie – die bakwerk is vrot van die roes en “metal fatigue ” – daardie voertuig bakstruktuur het al ver oor `n miljoen km`s elke dag passasiers vervoer met die minimum onderhoud. Dit is jammer dat die oneffektiewe department van vervoer steeds toelaat dat hierdie wrakke op wiele steeds dood en verwoesting saai. Tussen oorwerkte ongeduldige taxi drywers en so `n wrak op wiele het die arme pendelaars geen kans om veilige by hul bestemming uit te kom nie.

Ai ·

Sterkte aan die gesinne en ouers van die kinders. Om te dink dat julle nou ontroosbaar daar erens sit in julle huise is hartverskeurend. Ek ken die gevoel.

alletta Strydom ·

ja dit gebeur as 2 taxis vol kinders op pad is na n byeenkoms en hul speel speeltjies op pad deur te sigsag teen n spoed. kinders wat uit vensters hang en jil en gil in taxi…. te slaat hul mekaar … geen respek vir paaie nie….

Peet ·

Daar is nie genoeg woorde om die gedrag en wyse waarop taxis ry te bskryf nie. Dus noem ek hulle sommer misdadigers net geen reels. Ja deesdae ry hulle in die dorpe deesdae in die baan van die aankomende verkeer of sommer op die sypaadjie. Dan word daar nog ligte gefilts vir aankomende verkeer om pad te gee. Dit gebeur by 1 van die grootste Laerskole in Centurion. Daar is geen verkeerspolisie is sig. Ek is seker daar is polisie en weergak lede se kinders in die skool en hulle is bewus daarvan. Kan hulle nie die verkeerspolisie inlig ? dit help nie Jan Publiek kla nie ,want niks gebeur.Die top punt is egter daar word in dieseldfe straat na tien uur in die aand pad blokades gehou om vir lisensies, voetuie te inspekteer en sommer mense te beboet wat nie daai tyd van die nag by die Stop teken stop nie.

Martie ·

Dit is nou die hoeveelste Taxi kan die owerhede nie verstaan dat die Taxies geen padreel gehoorsaam nie vandag weer op N17 kom aan ons linkerkant verby in geelstrepe maar die bordjie se 100kpu ek het my morsdood geskrik die twee verby kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.