Ses sterf in gru-ongeluk in KZN

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Ses mense, waaronder ʼn kind, is Vrydag dood in ʼn botsing reg van voor op die R61 by die Shelly Beach-afrit aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die ongelukstoneel as ʼn “bloedbad” beskryf en gesê wrakstukke het oor die pad gesaai gelê. Volgens Botha was talle insittendes steeds in die wrakke vasgekeer.

Botha het gesê ses mense is op die toneel dood verklaar. ʼn Man het kritieke beserings opgedoen en is nadat hy uit een van die wrakke bevry is, na ʼn hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ansie ·

As ek die foto’s so bekyk, het spoed en roekeloosheid beslis ‘n rol gespeel.

Peet Schabort ·

‘n Reguit, breë en oop pad met ‘n duidelike geverfde dubbele soliede sperstreep met ‘n kop-teen-kop botsing. Ek gaan nie verder kommentaar lewer.

Swanna ·

Dieselfde tipe ongeluk in Guateng gebeur. Geen genade. Die bestuurders dink die pad behoort aan hulle en vee hul G@%^ af aan die pad reëls, Ons mag ry soos ons wil want dit is mos die “NUWE SUID AFRIKA”. Die kamstige ou Suid Afrika reëls geld mos nie. Dit is deur rassiste op gestel en nie oop denkende persone nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die taxibestuurders het n vrypas om soos barbare te bestuur en teen die verkeer en sperstrepe verby te steek. Ek kan nie verstaan dat die verkeersmanne nie die misdadigers van die pad af trek en die taxis konfiskeer wat oortree nie. Hulle kruip eerder weg om mense voor te keer en omkoopgeld te eis of anders eet hulle Kentuky en skyfies op hul motors se enjinkappe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.