Ses sterf in gru-ongeluk naby Delmas

Foto: ER24

Foto: ER24

Ses mense, waaronder ‘n gesin van drie, is Dinsdag dood in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en twee motors op die N17 naby Delmas in Mpumalanga.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê een van die motors is heeltemal uitmekaargeruk in die botsing en die insittendes is uit die motor geslinger. “Al drie insittendes is op die toneel dood verklaar.”

‘n Vrou was in die ander motor vasgekeer en is op die toneel verklaar. “Twee ander insittendes, vermoedelik die vrou se man en seun, is buite die motor gevind. Hulle is ook op die toneel dood verklaar.” Die vrou se liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

Vermaak het gesê die bestuurder van die vragmotor is nie in die botsing beseer nie maar was erg geskok.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mmmm ·

Baie sterkte aan die families betrokke! Te oordeel aan die rigting en posisie van die trok…?

Jan ·

Te oordeel aan die “rims” van die motor………”windgat” !!!!

KleinKoos ·

Jy droom seker om eendag genoeg geld te spaar om ook “rims”op jou kar te kan sit. Shame, dis hardseer dat party mense so jaloers is. Net omdat ek “rims”op my kar het is dit nie te se ek is windgat nie. As jy weer skrik, skrik net wakker asb.

Petrus Swanepoel ·

Die vragmotor staan in die aankomende verkeer se baan, dit beteken dat die bestuurder die ongeluk veroorsaak het. Kla hom aan vir moord (sick) omdat hy mense doodmaak met ‘n gevaarlike wapen (vragmotor). Ons het soorgelyke optredes (twee) van swaarvoertuig bestuurders ervaar waar ons tussen die Suidkus en MPA gereis het, die bestuurder dink omdat hy die gewigsvoordeel het kan hy voor motors inswaai, verbysteek.

Jan ·

Petrus is ‘n alwetende kenner. Geen voertuig eindig waar impak plaasgevind het nie.

Justi ·

Aan al die familie en vriende van die oorledenes wil ek net se, sterkte. Dit is werklik n grusame ongeluk.

carel ·

Jan – skaam jou – jy is seker nie baie slim nie? Wat het die “mags” met die ongeluk te doen? Sien jy die vragmotor wat aan die verkeerde kant van die pad in die aankomende baan staan – ook aan die verkeerde kant van die wit streep? Maar al sien ek dit en dink dis die vragmotor se skuld het ek darem genoeg verstand om nie sommer so n aanname te maak nie aangesien die vragmotor dalk probeer uitswaai het om die motors te vermy maar dit was te laat – moet nie met mense wat hul lewe verloor het die spot dryf nie – daar is niks fout met iemand wat vir hom ander wiele op sy motor sit nie – dalk het hy die motor so gekoop of dalk het sy oorspronklike rims in n slag gat skade opgedoen – wat ook al dit is sy besluit.

Jan ·

Ingenieuers stel vas wat is die mees effektiefste wiele wat by elke motor pas sodat dit aan veiligheidsstandaarde(Euro cap, ens.) voldoen. Die groote en breedte van jou bande het direk tedoen met jou motor se padhou vermoee. Sou jy skielik moes rem het jy ABS, EBD, BA ens. wat deur ingenieuers uitgewerk is om jou voertuig so gou en veilig moontlik tot stilstand tebring. Sodra jy begin peuter met enigiets in die lyn, affekteer jy die motor se veiligheid. Die agterstraatseworshondverkragter wat aan mense nuwe ‘smart mags” en “low profile tyres” verkoop, het gewoondlik nie eers matriek nie, wat nog te se van ‘n ingenieuers graad.

snel ·

Dis baie hartseer, daar is so baie sterftes op die paaie. Sterkte aan die familie, dis vreeslik erg.
Jan, ek moet met almal saamstem, jy het getik voor jy gedink het. Hoe n kar lyk en hoe jy hom ry is twee verskillende goed. Ek het self n lekker windgat kar, maar hy gloeg-gloeg net op die pad as ek hom ry, hy is nooit oor die spoed nie, so nou wat as ek in n ongeluk kom, gaan dit dadelik my skuld wees en dit omdat ek van mooi “looks” op my kar hou. Shame on you!!! Ai, mense dink nie aan naasbestaandes se smart en verdriet waardeur hulle gaan nie, en dan is dit of hulle nog n hou wil inkry, net om sout op die wonde te smeer. Dis jammer dat die mensdom eerder vernietig en op mekaar trap as ondersteun en hande vat.

CBS ·

Mense mense nie een van julle was daar nie so nie een van julle kan oordeel nie……dit kon enige een van die twee voertuie se skuld gewees het. Enige ongeluk waar geliefdes verloor word bly tragies…..

Takkie Takuuza ·

Regtig? Mense het hulle lewens verloor, gesinne en families is uitmekaar geskeur, die verdriet is eindeloos. Die sotlike opmerkings oor “windgat” en “rims” is smaakloos en ‘n ondeurdagte uitroep vir aandag. Innige simpatie met die naasbestaandes, dit is verskriklik tragies.

Carel ·

Ou Jan jy weet nie wat my kennis is nie – so om die persoon aanteval en dit nou te probeer lyk of jy dit anders bedoel het help nie – die bande moet deur die SABS goedgekeur wees om in SA verkoop te word en so ook die “mags” – as die persoon dit aangekoop het en dit is nie goed gekeur nie dan het die handelaar/verkoper gefouteer en afhangende van die motor se eienaar se agtergrond sou hy dit nie weet nie.
Die storie het niks met die ontwerp te doen nie of is daar iewers genoem dat die ongeluk plaas gevind het agv die “mags” of agv die bande?
Nee Jan jy het die persoon veroordeel omdat hy die wiele op sy moter het en hom sommer die skuld gegee – vind eers uit wat die tragedie veroorsaak het en lig dan jou mening – ek ry n mersedes benz met die wiele wat hy mee uitkom en sal dit nie verander nie maar ek is ook slim genoeg om te weet almal kan nie n mersedes bekostig nie en as die persoon die beste doen met sy geld waarvoor hy gewerk het wie is ek en jy om sy keuse te bevraagteken – jy tree snobisties op en dink almal moet dink soos jy dink – my kerk se mense werk nie so nie ons respekteer ander mense se gevoelens, geloof, kultuur en denke – as jy nie jou fout kan insien nie gaan jy nog swaarkry in jou lewe.

Carel ·

Jan ek sal jou n wetenskap aangaan dat daai wiele op die foto beter hantering gee as die oorspronklike 13″ staal rims en hoe” profiel bande – maar soos ge se wat het dit met die ongeluk te doen??
Al wat jy doen is om vir almal op die blad te wys hoever jou inteligensie strek. (lyk nie baie ver nie)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.