Ses sterf in gru-ongeluk op N14

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Ses mense is Maandagmiddag dood en 10 beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn bakkie op die N14 naby Carletonville.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die bakkie is in twee geskeur weens die impak van die botsing. Ses mense, waarvan een ʼn kind is, is op die toneel dood verklaar.

Volgens Meiring is 10 mense beseer, waarvan verskeie in ʼn kritieke toestand is. Drie mense is per helikopter na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling. Die ander beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.