Ses mense, onder wie drie kinders, is dood in ʼn grusame ongeluk Maandagoggend op die N2 buite Grahamstad in die Oos-Kaap.
Volgens kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het die ongeluk op die N2 in die rigting van Port Elizabeth gebeur toe ʼn silwer sedanmotor met ʼn sleepwa skynbaar op ʼn skerp draai beheer verloor het. Daar was agt insittendes in die voertuig.
Drie kinders en drie volwasse mans het in die ongeluk gesterf. Volgens Govender is twee vroue wat in die ongeluk beseer is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas. Een van die vroue is in ʼn kritieke toestand.
“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en vorm deel van die ondersoek. Spesialiskenners is steeds op die ongelukstoneel besig,” het Govender gesê.
Brig. David Kanuka, bevelvoerder van die Grahamstad-polisie, het sy innige medelye met die naasbestaandes van die oorledenes betuig en gesê die polisie sal die nodige ondersteuning aan hulle bied.
ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Is 8 persone nie te veel vir daai voertuig nie.
In ‘n beskaafde land ja. Hier maak dit mos nie saak nie.
Dit klink die kar was oorlaai ek dink net 5 mag in n kar wees daar was 8 en die kar het nog n sleepwa gehad, nou is my vraag kon die ongeluk voorkom gewees het as die polisie hom afgetrek het in n roetine ondersoek het voor die ongeluk gebeur het.
Die Opel Zafira ( wat hierdie na lyk) vat amptelik 7 mense.
Wil ek ook weet.
As ons polisie gehad het wat iets beteken het sou dit maar sa het nie meer polisie nie.
Volgens die foto’ is daar nie ‘n koelteboom naby.
‘n Sleepwa wat verkeerd gelaai is plus ander faktore kan groot probleme veroorsaak. Gaan kyk gerus op Youtube.
Daar is al so baie mense dood op die SA paaie die naweek dat ek wonner, het hulle n bestuurslisensie?
Sport Nuts voertuie kan 8 persone vervoer. Die derde ry sitplekke is gewoonlik heel agter en vou uit die ‘kattebak’