Ses sterf in Krugersdorp-ongeluk

Foto verskaf deur Netcare 911

Ses mense het verkool toe die bestuurder van ʼn minibus-taxi beheer verloor het oor die voertuig.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Saterdagaand na die toneel in Tom Mullerstraat in Luipaardsvlei ontbied. “Volgens berigte het die bestuurder van die minibus beheer verloor oor die voertuig en in ʼn boom vasgery. Die voertuig het aan die brand geslaan.”

Ses insittendes het verkool en minstens vyf persone, insluitend ʼn kind, het ernstige beserings opgedoen. Die pasiënte is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem.

Wes-Rand se brand- en reddingsdiens het die brand geblus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nie Verbaas ·

Dit is jammer maar taxidrywers ry soos hulle wil en verkeersbeamptes doen weinig daaraan. Daarby glo die taxidrywers dat hulle nog boonop goeie bestuurders en onoorwinlik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.