Ses sterf in KZN-ongeluk

Foto: ER24

Ses persone is Vrydagmiddag dood in ʼn ongeluk in Nkanyezini in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 13:00 op die Nagel-hoofpad plaasgevind.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn vragmotorbestuurder, wat swaar grondverskuiwingstoerusting vervoer het, het glo beheer verloor oor die vragmotor en dit het omgeslaan. Die insittendes van ʼn bakkie en ʼn motor is vasgekeer toe die vragmotor en grondverskuiwingstoerusting op hulle geval het.

“Meganiese toerusting moes gebruik word om die vasgekeerde persone te bevry. Ses persone het geen tekens van lewe getoon nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Herbst bygevoeg.

Twee persone het kritieke beserings opgedoen en hulle is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem weens die erns van hul beserings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lewies ·

Ons hoor nooit wat die werklike oorsake van die ongelukke was nie. Dit het die norm geword en beteken niks. Hulle moet begin doen wat burgerlugvaart doen.

Koos de Meyer. ·

Mense besef nie wat die momentum van swaar gelaaide voertuie is nie. Onbevoegte bestuurders.

Gerhard ·

Volgens berigte elders het die vragmotor begin ‘terugrol’ nadat dit klaarblyklik nie teen ‘n steilte kon opkom nie. Daar kan dus ander faktore wees as die bestuurder se bekwaamheid.

Attie. ·

As enige mens geen teken van lewe toon dan is die persoon waarskynlik dood, of is hulle dood verklaar omdat hulle geen teken van lewe getoon het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.