Ses sterf in KZN-ongelukke

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is in ongelukke in KwaZulu-Natal dood, het die provinsiale nooddienste Saterdag gesê.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê drie mense is Vrydag dood nadat twee motors op die R102 naby Hibberdine gebots het. “Nog ʼn persoon is kritiek beseer en paramedici het mond-tot-mond-asemhaling toegepas terwyl hulle die pasiënt na ʼn hospitaal vervoer het. Twee ander mense is ook in die ongeluk beseer en is na die Port Shepstone-hospitaal vervoer vir verdere behandeling.” Mckenzie sê in nog ʼn voorval is drie mense dood en tien beseer toe ʼn bakkie en motor naby Umzinto gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.