Ses sterf in Limpopo-ongeluk

(Foto verskaf deur SAPD Limpopo|)

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ses mense Saterdag in ʼn motorongeluk omgekom het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn wit Toyota Venture-paneelwa het passasiers op die R81 tussen Polokwane en Mooketsi vervoer. “Toe dit ʼn draai by ga-Makgoba nader, het die bestuurder beheer verloor oor die voertuig en dit het ʼn paar keer gerol. Die voertuig het langs die pad op sy dak tot stilstand gekom.”

Vyf persone is op die toneel oorlede en ʼn sesde persoon het met aankoms by die hospitaal beswyk.

“Die oorledenes is een man, twee vroue, van wie een vermoedelik swanger was, en drie kinders. Die polisie is steeds besig om die slagoffers te identifiseer,” het Ngoepe bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

t ·

Waarskynlik padwaardigheid… van beide die voertuig en die drywer.

Neilia ·

Daai pad is aaklig , as jy na 4 uur die middag ry moet jy maar weet jou kanse om te verongeluk is baie groot. Beeste,bokke,kinders,taxis ,buste trokke is jou voorland .In die aand is dit erger ,het 10 jaar daai pad gery en so bly ek hoef nie meer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.