Ses sterf in ongeluk buite Bloemfontein

Ses mense het in die ongeluk gesterf. (Foto: Netcare 911)

Ses mense is dood in ʼn ongeluk tussen twee bakkies op die N8 tussen Bloemfontein en Botshabelo in die Vrystaat.

Shawn Herbst, woodvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Saterdag kort voor 16:00 ná oproepe van ʼn ongeluk na die toneel uitgestuur.

Die twee voertuie het reg van voor gebots.

“Paramedici het die toneel geassesseer en vyf mense op die toneel dood verklaar. Nóg ʼn persoon was in ʼn baie ernstige toestand, maar het ongelukkig ʼn kort rukkie later, op pad na ʼn hospitaal, ook gesterf,” het Herbst gesê.

Vier ander pasiënte is lig beseer en op die ongelukstoneel behandel voordat ʼn ambulans hulle na ʼn hospitaal vir verdere sorg geneem het.

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Liezl ·

Ek sien dubbele sperstreep, mense veronagsaam die verkeers reëls! Bly aan jou kant van die pad. Ons ry die ander aand op die weskus pad, ‘n bakkie kom van voor om ander motors verby te gaan, flash vir ons ligte. Wie dink hy is hy, ons moet ons lewe in gevaar stel sodat hy kan verbygaan? Belaglik!

Tersia ·

Ons bly in Hoedspruit en ons sien daagliks hoe verontagsaam Volkswagens Mercedes BMW en al hierdie vinnige karre die sperstrepe gaan verby op draaie. Dit is assof hulle net geen saak in die lewe het met die ander padverbruikers nie. Al die kruise langs die R40 is n bewys daarvan. Ek wonder of het hulle ooit bestuurs lisensies. Eish????????

Kallimaari ·

Ek sien ook ‘n helling van agter tot by die toneel. Iemand het dus alweer ongeduldig geraak en toe verbygesteek ongeag dat hulle nie aankomende verkeer kon sien nie. Laat hierdie nou as les dien vir diegene wat hier lees. 6 mense dood omdat een haastig was.

Ramkat ·

Vra nou die dag vir ‘n swart vrou waarom hulle verby gaan op sper strepe. Haar àntwoord was dat dit apartheid se padtekens is. Pateties dom.

Ap ·

Liezl dit kan wees dat die man n noodgeval in sy motor gehad het.

Pensioenaris ·

Dan moet hy sy noodligte aan sit! Daar bestaan hoegenaamd GEEN padreëls vir party mense nie. Jammer dat onskuldiges daarvoor moet boet.

Abe ·

Ap,
As jy n noodgeval in jou motor het moet jy binne die spoedgrens ry, uiters versigtig ry en alle padreels nougeset nakom, anders kom jy – met jou noodgeval – NOOIT by jou bestemming uit nie.

AndrewL ·

Ry soos ‘n blinde dronkie, maar moet net nie te vinnig ry nie, jy gaan ‘n boete kry.

Tiger ·

Ek sien 3 voertuie in die’ ongeluk.Lyk of een op sy sy le met 2 bakkies langs hom?Sien ‘n stippel streep – nerens spertreep nie.Nou wonder ek wat presies het hier op ‘n reguit pad gebeur helder oor dag?Ai , paaie is omskep in slagvelde deesdae en NIKS word daromtrent gedoen nie.

Maroela Media moet asb. n onderhoud met die Minister van Vervoer aanvra om uit te vind WAT , indien enige , sy plan is om die slagting op die land se paaie hok te slaan.

SjN ·

Ap, indien noodgeval is dit nie nodig om onverskillig te bestuur nie, onaanvaarbaar om dit as verskoning te gebruik. Hier is dus die bewys.

Asjas ·

Ek stem, daar is twee bane in albei rigtings maar sommige mense is mos belangriker as ander en daarom mag daar vir hulle ‘n derde baan geskep word!! Ons almal wag geduldig vir die dubbelbaan om stadiger voertuie VEILIG verby te gaan en dan sal daar wragtig ‘n wintie van agter kom en in aankomende verkeer probeer verby jaag in sy vinnige kar!!

Padwoede ·

Snaaks, nooit oogetuies wat gesien het wat gebeur nie, selfs nie eens die wat verbygesteek is oor n spersteep nie.

Koos de Meyer. ·

Jy kan nie sommer by ‘n ongeluk stop nie. Dis te gevaarlik.

Spike ·

Ander oorsake, gekoopte lisensies. Hulle het geen bestuursvermoëe nie. Kannie afstand met spoed daarby skat nie.

fred ·

glo ook dat baie nie spoed of afstand kan skat nie…iets verkeerd met hulle diepte sig…of halfblind

Piet ·

Investeer in treine.. Maak dit n alledaagse vervoermiddel vir almal..
Praat ek wat tande het.. Hulle maak nie eens die potholes reg nie nevermind investeer in iets.

George ·

Ap enige noodgeval moet nog reels gehoorsaam om nie meer noodgevalle te veroorsaak nie

Saint ·

Ongebreidelde gebrek aan dissipline en groot maat van arrogansie teenoor wette oos wêreldwyd opgestel maar in hierdie geval deur “wittes”

Pieter, Weskaap. ·

Selfs ‘n geldige bestuurslisensie is geen waarborg vir veilige bestuur nie. Mense wat die wettige roete volg om ‘n lisensie te bekom, word geleer/opgelei om K53 te slaag(en party slaag ook maar net-net) maar kan dan nog nie regtig bestuur nie, veral nie op die langpad met wisselende padtoestande en swaar verkeer nie, veral nie nagbestuur nie. En dan kom alkohol- en sell.foon misbruik ook nog by.

Karlahari ·

3 voertuie
Dubbelbaan, soliede sper streep en enkel baan.
Ek ry die pad gereeld en die arrogansie en stupidgeit van bestuurders gaan die verstand te bowe.
Dan kry jy by Botshabelo 5 verkeers voertuie bymekaar en beamptes staan met mekaar en gesels of besig op hulle sel fone.
En 2km verder loop 20 plus beeste en wei op die dubbel pad.
So die bestuurders is die probleme. Maar die verkeers personeel moet die paaie patroleer en die roekeloses aftrek sonder omkoop geld.
En onpadwaardige voertuie van Lesotho moet toegang tot SA geweier word.

Scruffy ·

Ja dis baie sleg dat onskuldege mense moet dood gaan vir mense wat nie pad reels gehoorsaam nie dit gaan nie stop voor wet toe passers nie op die paaie gesien word nie Hulle sit of in die malls of le in hul karre en slaap Wonder net waneer gaan die minister van vervoer begin ingryp verkeers police werk mos net met vakansie dae die res van die jaar is paaie mos resies baane dan ry mense soos hul wil

Magda ·

Spoed glo ek is die hoof oorsaak, en dan onverskillige bestuur. Dit is scary om op ons paaie tebestuur y, niemand stop meer by n stop straat nie, ry oor rooi ligte en gaan van die 1baan na die ander sonder flikker ligte. Meer straat patrollies moet dringend gehou word as ook aftrek van motors oor padvaardigheid en lisensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.