Ses sterf in ongeluk op N1

(Foto verskaf)

Ses mense, insluitend ʼn kind, is op Nuwejaarsdag dood in ʼn ongeluk op die N1 naby Laingsburg in die Wes-Kaap.

Jandre Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer, sê 14 mense is beseer. “Ses mense, drie vroue, twee mans en ʼn minderjarige meisie, is in die ongeluk oorlede. Die taxi het in die rigting van Kaapstad gery toe die ongeluk plaasgevind het.”

Die 28-jarige bestuurder van die taxi het vermoedelik aan die slaap geraak en ʼn betonversperring getref.

‘n Beroep word op motoriste gedoen om gereeld stil te hou en goed uit te rus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.