Ses sterf in Pretoria tref-en-trap

(Foto verskaf deur Netcare 911)

Ses mense is Dinsdagaand dood tydens ʼn ongeluk op die N4 in Murrayfield, Pretoria.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn vragmotorbestuurder het na bewering ʼn onwettige U-draai op die N4 gemaak en ʼn motor het die vragmotor getref. Die insittendes is tydens die ongeluk uit die motor geslinger.

Die bestuurder van die vragmotor het ná die ongeluk egter weggery. Polisiebeamptes het later die vragmotor verlate aangetref, ʼn paar kilometer van die toneel. Die bestuurder was nêrens te sien nie.

“Paramedici op die toneel het bevind ses mense, insluitend drie kinders, is dood. Owerhede stel ondersoek in.”

Foto van die vragmotor (Verskaf deur ‘n leser aan Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jasper

Hoe doen jy so iets in die eerste plek dan is jy nie eers mans genoeg om verantwoordelikheid te vat vir jou dade nie ,die wet moet maar sy gang gaan.

Kobus

Dit is moord kry hom en sit vir hom n toutjie om sy nek

Desiré

Watter besigheid se vragmotor was dit? Hulle sal weet wie was die bestuurder, het hy ooit ń wettige lisensie gehad?

Gerhard

Heel moontlik meer skade en beserings veroorsaak toe hy weggery het.

Hugo

Het dit sien gebeur… dit was verskriklik gewees. Gisteraand glad-nie geslaap nie